Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Lees elke dag meer kommentaar aanlyn.

“Groter, beter Hosea Kutako”:

Baie bly dat ‘n Namibiese firma die kontrak gekry het. – Marinette Anthonissen

Hoop die personeel word ook ge-upgrade. Kan doen met vriendeliker en effektiewer! – Madelein van Graan Smith

Dit is darem baie beter as die vorige 8 miljard se projek wat op die tafel was. – Dawie Moller

Wat help dit ons kry ‘n groter lughawe maar ons kan nêrens heen gaan nie want daar is nie paspoorte nie . . . – P.R. Ackermann

Baie geluk Nexus! Ons is trots op julle en eer God vir hierdie wonderlike geleentheid! – Carla van Niekerk

Hoop die diens van die personeel verbeter ook. – Antonette van der Westhuizen

Dankie tog. Hoop hul maak weer ‘n uitkykpunt vir besoekers soos in die verlede dat jy kan sien as die vliegtuie in en uit styg. Dit was so mooi gewees. – Norma Visser

Very good. Bisey Uirab staan jou staal. Namibiese firmas moet eerste prioriteit wees. Nexus is our own. – Christine Niilenge

Hoop ons kan nou op die balkon gaan staan en vliegtye kyk! – Tyrone Tholkes

Net jammer Nexus, of enigiemand anders kan nie die dikbek- en f-jou houdings van die personeel op die lughawe "opknap" nie . . . – Adriaan du Preez

Rugby in Japan:

To all my friends at the Hoshei University, go out and support the Namibian team please, guys I know I can count on you. Tatsuki Suzuki get everyone together. See you guys soon. – Shimon Cohen

Wonderlike gasvryheid van Japan. Soveel entoesiasme is aansteeklik. – Eugenie Pienaar

Ons kan regtig 'n ding of twee leer oor gasvryheid by die mense van Japan! – Mendoza Katamila

Ons is té vinnig om te oordeel. Na alle berigte is dit duidelik dat Japan álle spanne, ek kan byna sê persoonlik verwelkom! – Robbie Thompson

Awesome . . . Eers die verwelkoming en nou dit! Japan skop gat! Wat ‘n great nasie. – Riaan Oberholzer

Japan doen altyd soveel moeite met als, kyk hoe het hul daai land opgebou na die bomme op Hiroshima en Nagasaki. Dis een van die mees onafhanklikste lande op aarde, ‘n trotse nasie wat niks verwag van niemand nie en ook nie glo aan "handouts" nie. – Jaco Pretorius

“Donker wolk oor Namibië”:

Police should have permanent roadblocks outside each town testing for alcohol and roadworthiness. Guilty parties must be heavily penalized. Roads must be made wider. Provide better public transport via railways to take pressure of roads. – Hannelie Schoonbee

Die voorbladopskrifte is tragies. Hoop dis op al die koerante se voorblaaie. Padwoede, spoed, onpadwaardige voertuie, moegheid, konsentrasie. Ons sal moet saamstaan en bid vir dié situasies. – Rina Bronkhorst Mans

‘n Australiese vriend van my (hy het jare vir Qantas-lugdiens gewerk en oor die wêreld gereis) vertel my ‘n klompie jare terug dat hy, as hy in ‘n nuwe land reis, hy aan die padgebruikers sien hoe gesond ‘n land en sy mense is. Dit gaan oor selfrespek, en dieselfde respek vir ander. Daar lê ons probleem. Respek vir ons land, sy mense en jouself. – Izak J Grobbelaar

Bestuurskole, toetsbeamptes, leerlinglisensievraestelle ens. in hierdie land moet baie meer klem lê op die ingesteldheid van voornemende bestuurders o.a. geduld, respek vir padreëls en respek vir lewens van jou passasiers ander padgebruikers. – André Burger

Almal kan mooi parkeer en by robotte in spitsverkeer wegtrek, maar hulle kan nie ‘n hel bestuur nie. Daar is nie iets soos afstandskatting en reaksietyd nie, dis net jaag jaag jaag. En oorlaai en jaag. En suip en jaag. – Johann Viljoen

Vroeër jare was daar baie meer grondpaaie. Die strate en teerpaaie wat daar was, was nou, maar ongelukke minder. Daar is geen wetsgehoorsaamheid nie, want daar is nie strawwe nie. Dit is een groot riller!!! – Vivian Lettie Blignaut

Stem heelhartig saam. Ons padgebruikers moet hulle aggressiewe gedrag op die pad verander. Gaan dit rêrig saak maak as jy vyf minute laat arriveer by jou bestemming ??? – Alan Meyer

Ek het vandag (Maandag) van Henties gekom. Spoed, minagting van sperstrepe, gevaarlike verbysteek was aan die orde van die dag. Net 2 beamptes het op die nuwe pad spoed gevang, en een het amper ‘n moerse ongeluk veroorsaak toe hy tussen die voertuie inhardloop om ‘n bakkie te stop. – Dave Viljoen

Die "attitude" van Namibiërs is die hoofoorsaak van die "donker wolk" oor Namibië, want die regte ingesteldheid begin primêr by elke padgebruiker. Tweedens word verkeersreëls nie streng genoeg toegepas nie. – Gielie Lambrechts

In SA werk hul op ‘n puntestelsel van 12 en as jou punte op is (volgens jou oortredings), vat hul jou lisensie weg vir ‘n paar maande as "straf" en dan kry jy dit weer terug na 3 of so maande. Dit sal werk, want dit hou mense alreeds op hul tone in SA. – Elke Kintscher

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!