Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’”:

Verstaan nie hoekom blameer hy die drank nie. As drank die probleem is, moes hy nie gedrink het nie. Hy het ook heel aan die begin gesê hy is skuldig, nou verstaan ek nie hoekom hy verhoor moet word nie. ‘n Onskuldige kind se lewe is verwoes oor drank. Nee bra, daar is ‘n ander woord: hulle noem dit wellus. Een van die grootste sondes wat daar is. My hart skeur in twee as ek die gesiggie van onskuld sien. Jy sien dit is die verskil tussen skuld en onskuld. Mag die Here hierdie kleintjies wat die volgende generasie sal opmaak bewaar met liefde en die bloed van Jesus. – Peter Dickman

Because of being under the influence he should be punished much harder. It should not be used as an excuse. – Frauke von Hatten

Statistieke in SA het gewys dat omtrent 90% van verkragters en moordenaars weer dieselfde oortredings pleeg as hulle vrygelaat word. Hulle het ernstige sielkundige afwykings en dit is hoekom hy mense probeer manipuleer om hom jammer te kry. Het heel moontlik iets soortsgelyk in die afgelope 24 maande gedoen en daarmee weggekom. – Marinette Anthonissen

Niemand het hom forseer om the drink nie, hy het dit uit vrye wil gedoen. – Tyrone Tholkes

Daar is GEEN verskoning vir wat hy gedoen het nie! Hy het dit voorheen gedoen en hy sal dit oor en oor doen!!!! Hy sal nooit ophou nie. ‘n Jakkals verander dalk van kleur, maar nooit van sy streke nie! – Ina Snyman

Julle wat so baie die man slegsê, wie is jy om ‘n klip te gooi? Wie van jul het op julle knieë gegaan en vir hom gebid? Wat as dit jou vlees en bloed was wat dit gedoen het? Sou jy nog so aangaan, of sou jy hom wou beskerm teen die wêreld daarbuite se lelike sêgoed? – Loraine du Plessis Lourens

Nog ‘n kind se lewe verwoes ,gooi weg die sel se sleutel! – Anneli Ferreira Wamback

‘n Kind se lewe is verwoes omdat ons regsstelsel dit goed gedink het om ‘n moordenaar en verkragter vry te laat. Ek wil nogsteeds weet hoekom die onderwysers by daardie skool toegelaat het dat ‘n kind deur ‘n “unknown man” gevat word? Ek sou hulle almal dagvaar vir die leed wat daardie kind aangedoen is. – Trudi Husselmann

Ek verstaan die man is ‘n familievriend en het haar ook by tye gaan opgetel. Met die glo ek die onnies daar het hom geken en het die kind aan hom oorgegee. – Daphne Böck

At least is he not wasting the court's time with a not guilty plea. – Dion van der Brooks

So sad, defiling the purity of innocence and it can never be undone. Heart breaking. Oh Lord heal that little girl and all little girls and boys that were raped in the past. Heal them and protect them from evil. – Meverlyn Glaser

Ek dink al die verkragters en moordenaars moet gelys word en dat die publiek ook weet as hulle klaar hulle se vonnis dien. Dan weet ons ook presies wie in die society vrygelaat word. Ons kan wragtig nie meer elke jaar hierdie slegte nuus hoor nie. – Chrislomien Kisting

“/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien”:

Geen plase kan net onteien word nie. – Sussie Maritz

People that has nothing to offer in total just want things for free. It will never happen. Let them gather around trees and have useless meetings. If they want land they must buy, government. – Joe Digu Swartbooi

They dwell in the past. For goodness sake, this is a new generation of people who has nothing to do with what happened in the past. Let’s join hands!!! Let’s move on!! Let Namibia be the example to the world. – Handelene Deysel

“Wilde diere eis 16 lewens”:

Die statistieke rondom slangbytsterfgevalle en -beserings is ver uit.

Volgens ons statistieke by Namibia Snakebite Interest Group (Buys; Theart et al.) is daar ver meer beserings as net 1 persoon. In die 2018/2019 slangbytseisoen het ons oor die 100 gevalle behandel en ons is bewus van 7 sterfgevalle in landelike gebiede waar mense ver van mediese hulp af is.

Selfs ná ons laasjaar die probleem onder die aandag van parlement gebring het en self met ‘n voorlegging opgekom het vir ‘n nasionale slangbytraad, asook wetgewing om slangbyt aanmeldbaar te maak, het dit egter weer op dowe ore geval! Selfs na ons die draft dokument per hand en elektronies aan die verteenwoordigers van die staat gegee het.

Dan is daar natuurlik ook die probleem dat daar geen bewaringsplan in plek is vir mens-slang-konflik. Die twee navorsingstukke wat ons reeds gepubliseer het, sal ‘n fantastiese grondslag lê indien die ministerie bereid is om na die die tafel toe te kom en na die kenners te luister. – Francois Theart

Hoeveel mense het in mens-op-mens aanvalle omgekom? – John Redman

“9-jarige seun sterf ná klasmaat se vuishoue”:

Dis nie eens al 100% seker of die bloedneus die oorsaak van die kind se dood is nie! So hartseer as wat dit is dat hy oorlede is, net so hartseer is dit dat daai skuld in ‘n ander 9-jarige se skoot gelê word (deur die media-opskrifte), voor dit nog medies bepaal is. En ja, elke mens, seuns en meisies, moet leer dat as jy wel jou hande lig in verdediging of as aanvaller is daar konsekwensies sowel as verantwoordelikheid wat daarmee saam gaan. – Kurt en Lynette Hartung

Dit is ongehoord! Gister, toe skool en koshuis ons lewe was, is die probleem aan die Meester op diens rapporteer. Ná 'n kort ondervraging van alle betrokke partye het Meester besluit: of die bokshandskoene word die volgende dag aangetrek met al die belangstellende leerlinge betrokke, of in die geval van 'n loslopende boelie het Meester gewoonlik die saak besleg met sewe van die bestes! Lyfstraf moet terug, is daar net een parlementslid wie tog die waarheid mag begryp? – Freddie Kotze

Ek het nie woorde nie . . . Dis jammer. Sterkte aan die familie. – Laurencia Haoses

“Katrina was reg vir die tronk”:

A Minister acting in this manner, how did she become a Minister? To think she was in charge of our children’s education! Frightening. – Janice Thompson

Soos wat antie Katrina hier aangaan, wil dit vir my al te veel voorkom asof sy dink dis 'n helse prestasie om die wet te oortree. Pleks dat sy ten minste maak asof sy spyt is oor wat sy gedoen het sodat dit darem soort van kan dien as voorbeeld vir die jonges daar buitekant. Of is dit juis die tipe voorbeeld wat sy wil stel? – Johan Beyers

Los vir Katrina uit asb. Daar is erger dinge wat gebeur het en nog gebeur. Raak nou besig met iets anders en los haar uit vir nou. – Sugid Reggaj

See what I meant. She must learn humbleness and know how to act in her position. Too loud!!!!! – Dina Uiras

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!