Facebook deel jou private boodskappe
Die sosialemediaplatform beweer hy het gebruikers se data nie sonder toestemming gedeel nie.
William Horne en Reuters – Facebook het toegang tot onder meer gebruikers se private boodskappe aan maatskappye gegee om hul dienste te verfyn sonder dat gebruikers daarvan bewus was.
So berig The New York Times vandeesweek oor Facebook se jongste skandaal.
The New York Times onthul Facebook het sowel die musiekdiens Spotify as Netflix toegang gegee tot gebruikers se boodskappe, terwyl Microsoft se soekenjin, Bing, toegang gekry het tot persoonlike besonderhede en vriendelyste om hul soekresultate beter te kan personaliseer.
Facebook sê egter hy het nie sonder toestemming gebruikers se data gedeel nie. Hy het gebruikers bloot gehelp om toegang tot hul Facebook-rekening te kry of integrasie tot spesifieke funksies op toestelle en platforms te fasiliteer wat deur ander maatskappye gebou is, soos Apple, Amazon, BlackBerry en Yahoo! – Facebook se sogenaamde integrasievennote.
Nie alle vennote van Facebook het egter dié toegang geniet nie en kritici wil weet hoe die blote inteken op ’n diens toestemming daarstel om persoonlike data te deel.
Die BBC berig Facebook het vroeër vanjaar aangekondig dié praktyke is gestaak. Hy erken dit moes weens sekuriteitsredes nooit gebeur het nie.
“Ons moet Facebook se bewering dat hy nie gebruikersdata verkoop nie, ernstig bevraagteken," het Damian Collins, LP en voorsitter van die Britse parlement se digitale, kultuur-, media- en sportkomitee, aan die BBC gesê.
“Hy laat dalk nie toe dat maatskappye wavragte vol gebruikersdata wegdra nie, maar hy beloon wel maatskappye met toegang tot data as hy ’n hoë waarde op die sake plaas wat hulle saam doen.
“Dit is net nog ’n vorm van verkoop.”
Facebook sê hy het al amper al die betrokke integrasie-vennootskappe opgehef, behalwe die vennootskappe met Apple en Amazon.
Die staatsaanklaer in Washington DC het Facebook Woensdag aangekla omdat hy die politieke konsultantegroep Cambridge Analytica in 2016 toegelaat het om toegang te kry tot die persoonlike data van tienmiljoene gebruikers sonder hul toestemming.
Facebook se aandeelprys het met 7,25% geval tot sy laagste vlak in byna twee jaar nadat dié nuus bekend geword het.
Facebook se aandeelprys het reeds 40% van sy waarde verloor in die nadraai van al die skandale wat hom die afgelope jaar teister.
– Reuters, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie