Facebook gee aandeelhouers rede om te glimlag
Facebook gee aandeelhouers rede om te glimlag

Facebook gee aandeelhouers rede om te glimlag

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Facebook gaan vir die eerste keer aandele terugkoop – tot US$6 miljard daarvan, wat die tegnologiemaatskappy se aandeelprys ’n stewige hupstoot kan gee.

Die eerste gewone aandele sal in die eerste kwartaal van 2017 teruggekoop word, het die maatskappy Vrydag in ’n verklaring aan die Securities and Exchange Commission gesê.

Facebook het US$26 miljard kontant en beleggings tot sy beskikking wat gebruik kan word vir die terugkoopprogram sonder dat hy nodig sal hê om sy uitbreidings in te perk.

Aandeelhouers is nou al geruime tyd krapperig oor die maatskappy se besteding aan duur projekte wat Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof, na aan die hart lê, maar nie binnekort sal begin wins maak nie.

Facebook is die laaste van die tien grootste Amerikaanse tegnologiefirmas wat aandele terugkoop. Apple het dit in 2012 begin doen en Alphabet, moedermaatskappy van Google, het sy eerste terugkoop in 2015 gedoen.

In 2015 het tegnologiefirmas wat meer as US$5 miljard werd is, altesame meer as US$131 miljard aan terugkope bestee – dubbeld soveel as in 2012.

Facebook het die versekering gegee dat hy nie uit idees is oor waar om geld te belê nie. In sy onlangse kwartaalsyfers het hy om die waarheid te sê gewaarsku dat sy uitgawes in 2017 skerp gaan styg soos wat hy infrastruktuur uitbrei en sagteware-ontwikkelaars aanstel.

Sowat 2,9 miljard Facebook-aandele verhandel op die Nasdaq in New York. Werknemers word ook met aandeelopsies beloon. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!