Facebook klaar een van sy tergendste geheime op
Petrus Malherbe
Een van Facebook se tergendste geheime – watter inhoud toelaatbaar is en watter nie – is opgeklaar.
Facebook het Dinsdag 'n dokument van 27 bladsye gepubliseer waarin hy sy riglyne uiteensit nadat daar jare lank net 'n generiese, verkorte weergawe op sy webwerf beskikbaar was.
Die maatskappy het besluit om die voorheen interne dokument beskikbaar te stel in 'n poging om meer deursigtig te wees.
Facebook gaan tans gebuk onder die grootste privaatheidskandaal in sy geskiedenis sedert byna 100 miljoen gebruikers se data op 'n onvanpaste wyse deur 'n konsultasiefirma gebruik is in die Amerikaanse verkiesing.
“Een van die vrae wat ons die meeste kry, is hoe ons besluit wat op Facebook toegelaat word,” sê Monika Bickert, ondervoorsitter vir wêreldwye produkbestuur. Die dokument dek verskeie onderwerpe – van afknouery, dreigemente en naaktheid tot seks, sowel as die netwerk se benadering tot gebruikers wat hulself seer maak.
“As jy Facebook gebruik, moet jy verstaan waar ons die lyn trek en wat aanvaarbaar is,” sê Bickert.
Facebook word dikwels gekritiseer dat hy te min doen om die verspreiding van haatspraak, rassisme en terrorisme hok te slaan. So is daar al geweld, waaronder selfdood en moord, regstreeks op die platform uitgesaai.
Terselfdertyd word hy daarvan beskuldig dat hy onderdrukkende regerings bystaan deur plasings wat dié regerings kritiseer te verwyder sonder dat deursigtige redes daarvoor verskaf is.
Danksy die uitreiking van sy volledige stel riglyne sal Facebook gebruikers nou toelaat om teen die verwydering van hul inhoud te kan appelleer.
Aanvanklik sal gebruikers wie se inhoud weens naaktheid of seksuele inhoud, haatspraak en grafiese geweld verwyder is, daarteen kan appelleer.
Hulle sal 'n kennisgewing kry as hul inhoud verwyder is. Hulle sal dan 'n bykomende hersiening van die plasing kan aanvra wat binne 24 uur deur 'n persoon by Facebook nagegaan sal word.
Dit geld ook gevalle waar gebruikers iets aangemeld het en Facebook bevind het dit oortree nie sy riglyne nie.
Mark Zuckerberg, Facebook se uitvoerende hoof, het reeds vroeër vanjaar gesê die platform kan nie “alle foute en misbruik keer nie”, maar dat hy kan probeer om die platform 'n beter plek vir al sy gebruikers te maak. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie