Facebook se US$5 mjd.-boete ‘nie genoeg’
Facebook het oor die laaste dekade nie sy gebruikers se persoonlike data beskerm nie.
Facebook het met die Amerikaanse federale handelskommissie (FTC) ooreengekom om ’n boete van US$5 miljard te betaal oor sy hantering van sy gebruikers se persoonlike data.
Facebook het oor die laaste dekade nie sy gebruikers se persoonlike data beskerm nie, en hulle ook nie ingelig oor hoe die sosiale netwerk sy gebruikers se inligting aan sy sakevennote beskikbaar gestel het nie.
Die kommissie se ondersoek het spesifiek gekyk na bewerings dat Facebook toegelaat het dat inligting van 87 miljoen mense met die Britse konsultasiefirma Cambridge Analytica gedeel word.
Facebook besit ook WhatsApp en Instagram.
Politici en tegnologiekenners meen egter Facebook het lig daarvan afgekom, aangesien die maatskappy se inkomste verlede jaar US$55 miljard was.
Dave Wehner, Facebook se uitvoerende finansiële hoof, meen die maatskappy gaan nog aansienlike uitgawes aangaan om te voldoen aan die operasionele veranderinge wat die skikking met die kommissie vereis.
Wehner meen Facebook se inkomste gaan ’n knou kry deur die beperkings wat verskeie regerings gestel het oor hoeveel persoonlike data die maatskappy mag gebruik. Wehner het nie hieroor uitgewei nie.
Facebook het ook ingestem om US$100 miljoen te betaal om te skik oor bewerings dat hy beleggers oor die erns van sy wangebruik van data mislei. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie