Facebook verklap hoeveel inskrywings hy verwyder
Die sosiale netwerk het in die eerste kwartaal vanjaar bykans 29 miljoen inskrywings verwyder wat haatspraak en terreur bevorder, seksueel eksplisiet is, of grafiese geweld bevat.
Petrus Malherbe - Facebook het die eerste keer bekendgemaak hoeveel inskrywings hy verwyder wat sy reëls oortree.
Volgens ’n verslag het die sosiale netwerk in die eerste kwartaal vanjaar bykans 29 miljoen inskrywings verwyder wat haatspraak bevorder, seksueel eksplisiet is, terreur bevorder het of grafiese geweld bevat het.
Dit is die eerste keer dat die maatskappy sulke syfers bekend maak.
Facebook het verskeie algoritmes om te sif deur inhoud en inskrywings wat die reëls oortree te verwyder nog voor iemand dit aan sy personeel kan rapporteer. Hierdie algoritmes werk in oorleg met die maatskappy se arbeidsmag van 15 000 moderators wat daagliks miljoene plasings monitor.
Volgens Facebook se verslag tel hul algoritmes meeste van die onvanpaste inhoud op nog voor enigiemand dit kon gesien het, maar sekere soorte inhoud glip nog deur die krake.
Die platform struikel as dit kom by die identifisering van inhoud wat haatspraak bevorder, erken Guy Rosen, Facebook se adjunkpresident van produkbestuur.
Net 38% van plasings wat die reëls oor haatspraak oortree is in die eerste kwartaal verwyder danksy Facebook se algoritmes wat dit opgetel het. Die res is of deur sy moderators geoormerk om uitgevee te word, of gebruikers het dit gerapporteer. Daar is 2,5 miljoen inskrywings tussen Januarie en Maart verwyder wat op haatspraak neerkom, dit sluit afknouery in.
“Daar is nuanses in die taalgebruik en konteks wat ons tegnologie nog nie kan bespeur nie,” sê Alex Schultz, die maatskappy se hoof van ontledings.
Hy noem dat ’n neerhalende woord byvoorbeeld teenoor gay mense anders geïnterpreteer word indien dit deur ’n gay individu gebruik word as wat dit sou wees indien ’n homofobiese persoon dit gebruik.
“In so geval sal dit verkeerd wees om die plasing net te verwyder.” Hy gee toe dat Facebook nie altyd kan weet of ’n persoon gay is of nie.
Daarteenoor het Facebook se stelsels 86% van inskrywings wat te gewelddadig is opgetel en uitgevee voor enigiemand dit kon aanmeld. Sowat 96% van seksueel eksplisiete inskrywings waarin naakte volwassenes verskyn het dieselfde paadjie geloop.
ALGORITME VERSKERP
Die maatskappy het vroeër vanjaar aangekondig dit verskerp sy algoritme om veral plasings deur terreurgroepe te identifiseer en te verwyder. Dit blyk ’n groot sukses te wees siende dat 99,7% van die 1,9 miljoen terreur-plasings wat verwyder is, opgetel is voor enige gebruiker dit kon rapporteer.
Die aantal gewelddadige plasings het in die eerste kwartaal skerp gestyg teenoor die laaste kwartaal in 2017.
Tot soveel as 27 inskrywings uit elke 10 000 was gewelddadig van aard – ’n 42% toename. Minstens 3,4 miljoen plasings is verwyder teenoor verlede kwartaal se 1,2 miljoen.
Terselfdertyd duur Facebook se stryd voort om van gemorspos en vals rekeninge ontslae te raak. Meer as 800 miljoen gemorsposboodskappe is in drie maande verwyder en byna 600 miljoen vals rekeninge is gesluit.
“Slegte karakters probeer vals rekeninge outomaties op groot skaal skep deur bots te gebruik,” sê Rosen. “Die doel is om gemorspos of onwettighede soos slenters te versprei.”
Volgens Rosen is meeste van dié rekeninge uitgewis minute ná registrasie. Die platform keer ook miljoene rekeninge om in die eerste plek geskep te word.
Nietemin vermoed Facebook dat tussen 3% en 4% van alle rekeninge op die platform steeds vals is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie