Facebook vir 6 Januarie 2022
Facebook vir 6 Januarie 2022

Facebook vir 6 Januarie 2022

Ronelle Rademeyer
Kraak in die nuwe teerpad tussen Rosh Pinah en Oranjemund

Nuwe teerpad pfffff. Het al begin kraak voor laasjaar Januarie se vloed. – Kobus Delport

Toe hulle die klein krakie oopge-grind en met teer herseël het voor die kontrakteur die pad afgegee het. – Johan Debeer

Die kraak is al ou storie, nie nou begin nie. – Franzette Vermeulen

Kraak sal bly, ry net. – Vries Theo

Ek het maar knypstert daai pad gery. Liewer chicken. Ek het amper uitgeklim en eers die pad deurgestap soos onse grootmense met die plaaspaaie gedoen het. – Dean Esau



Visrivierbrug onder water – pad gesluit

Ouens, vat die pompe en pype en besproei die veld langs die rivier. – Martiens Kisting

My heigen, oppas vir té veel water. – Magret Waters

Sjoe, my moed sal my begewe. Freda Moller

Kan die regering nie onderhandel dat die OMD/Alexanderbaai-grenspos kan oopmaak nie. Dit is darem ‘n wye draai om te ry as jy moet Kaap toe gaan. – Amanda Steyn

Gaan die water Neckartal toe? – Steve Handura



Negejarige verdrink by Benniespark

Dit was my seun wat hom gekry het, dank Vader dat hy in water was en daai seun gekry het, mag sy siel in vrede rus. – HB Beukes

Sterkte, laat hy berading kry asseblief. – Catherine Smith

Hoe swem en koel mense af en niemand sien of hoor die arme kind, dis tog hartseer om die goed te lees as ‘n ouer, RIP youthman. – Alister Bock



Vyf vermeende beesslagters vasgetrek

Taxidrywers is ook aandadig. Hulle moet ook toegesluit word. – Anita de Haast

Ons het koerant gekoop. . . julle doen stunning werk. – Rina Von Wielligh

Sluit toe en gooi sleutel weg. Dis mos nie reg nie. – Irene en Jacques Spangenberg

Well done hul moet forever sit. – Elzana Steyn Louw

Mag ek vra asseblief? Is daar enige waarheid dat van die onwettige vee wat geslag word se vleis, droëwors en biltong later weer verkoop word teen billliker pryse deur sekere afset agente? Geen negatiewe kommentaar asseblief. Ek vra slegs 'n vraag. My oorlede broer wat self geboer het, het so iets genoem. – Annemarietjie Gerber

Niks onmoonlik in die banana republiek nie. Kan wees. – Don Williams

Dankie. Hy was doodernstig met die stelling. Gesê daar is uiters gesofistikeerke sindikate agter die slagtinge. Sy eie stoetvee was bitter seergemaak. – Annemarietjie Gerber

Veediefstal in die land beteken ‘n zero. . . Ou stelers beland in die tronk 5, 6, 7 en hoeveelste keer. Kom uit op borg waarvan nog ‘n skaap, nog ‘n bok gesteel was om sy borg te betaal. Honderde sake lê onafgehandel van veediefstal hier op die plaas. Gaan maak die som, van eerste 250 skape wat gesteel is. Met ‘n aanteel van net 50% vir die volgende 22 jaar. Uitgesluit die ander wat hul ook net "neem". Dan kyk jy wat jy verloor? Maar laat die polisie of regering se sakke geruk word, hoe vinnig sal die prentjie nie verander nie. Die plaas lê naby ‘n settlement. Hoe moet jy voorbly? Of gaan die regering eers na jou klaagliedere luister nadat iemand werklik seer kry? I rest my case. – Louise Jansen

Watter taal moet mens nog praat om te sê hou op steel. – Mara Van Wyk

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!