Faf ‘een van ergste’ Covid-gevalle’
Rugby
Die Springbokskrumskakel Faf de Klerk het bevestig hy was een van die 27 Sale Sharks wat aan die einde van verlede seisoen positief vir die Covid-19 getoets is.
Dié grootskaalse besmetting het die klub in Oktober sy plek in die Engelse Premierliga-uitspeelrondes gekos.
The Telegraph berig De Klerk erken sy simptome het onder die ernstigste by Sale getel, maar sê hy het ten volle herstel in die aanloop tot die nuwe seisoen wat Vrydagaand teen Northampton afskop.
“Ek was nogal erg siek,” sê die 29-jarige Wêreldbekerwenner.
“My lyf was baie seer en ek het koors gehad vir die eerste paar dae. Daarna het ek moeg gevoel. Ek was waarskynlik een van die ergste gevalle by die klub, maar ek is nou perdfris en gesond.
“Ek dink ek het al erger gevalle van griep gehad. Maar die probleem hiermee is mense ervaar verskillende simptome, so jy wag maar en kyk wat gebeur.
“Ek het vir die eerste paar dae nogal sleg gevoel en my gesin was bekommerd oor my, op my eie met die virus onder lede. Maar om nie ander mense aan te steek nie, was dit ’n goeie ding.”
De Klerk gee toe hoewel sy voorseisoense voorbereiding deur Covid-19 bemoeilik is, voel hy dankbaar vir die ondersteuning van sy klub en spanmaats terwyl hy herstel het.
“Ek het steeds my salaris ontvang, ek was steeds in ’n bevoorregte posisie,” sê hy.
“Dit het eintlik maar net daaroor gegaan om te herstel. Ek het baie ondersteuning van die ander spelers en die klub geniet, ouens wat bereid was om my te besoek en noodsaaklikhede af te laai.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie