FAK vereer Opperman
Hulde is ook gebring aan talle ouers en onderwysers wat oor die jare heen aan Afrikaanse privaat skole toegewy is.
'n Namibiër was vanjaar onder 'n uitgelese groep mense wat deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) vir hul uitnemende bydraes tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur vereer is.
Dr. Callie Opperman, ’n afgetrede predikant van Windhoek, het 'n prestige-toekenning vir uitnemende leierskap ontvang.
Opperman is vir sy bydrae tot die stigting van Afrikaanse privaat skole met 'n Christelike grondslag sedert 1989 vereer, asook vir die reëling van Dorslandtrekkers-gedenkfeeste sedert 1998, en vir sy leiding met die stigting en uitbou van die Netwerk vir Afrikanerbelange in Namibië in 2007.
Vanjaar het die spesiale aand op 26 Oktober by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasgevind.
Opperman was in goeie geselskap met prestige-toekennings wat ook aan die volgende mense oorhandig is: Prof. Hans du Plessis – NP van Wyk Louw-toekenning vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur; Sol-Tech – Paul van Deventer – HB en MJ Thom Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding;
Johan Vorster – FAK Prestige-toekenning vir uitnemende kultuurprestasie in musiek; dr. Nicol Stassen – FAK Prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaans deur die uitgewersbedryf en Jacques Müller – FAK Prestige-toekenning vir uitnemende kultuurprestasie in beeldhouwerk.
Dr. Callie Opperman was die stigterslid van die Vereniging vir Afrikaanse Onderwys (VCAO) in 1989, waar hy vir 10 jaar as voorsitter gedien het.
Hy het ook baanbrekerswerk gelewer in die vestiging van onderlinge verhoudings tussen Afrikaanse privaat skole, kontak met die ministerie van basiese onderwys, kuns en kultuur, en die reël van ‘n Afrikaanse matriekeksamen deur die Onafhanklike Eksamenraad in Suid-Afrika, deur middel van die VCAO.
Opperman was ook ’n stigterslid van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) waar hy vyf jaar lank as direksielid en ook soms as voorsitter gedien het.
Die eerste paar jaar was WAP in die kategeseklasse van die Deo Gloria-sentrum gevestig, waar Opperman predikant was.
In 1998 het hy die eerste Dorslandtrekkers-gedenkfees sedert 1969 gereël.
Opperman dien reeds die afgelope 20 jaar op die reëlingskomitees van dié gedenkfeeste.
Hy is ook in 2018 tot voorsitter van die Dorslandtrekkers-vereniging Swartbooisdrift verkies.
Die Netwerk vir Afrikanerbelange is in 2007 gestig om Afrikaner- en Afrikaanse kultuuraktiwiteite in Namibië deur onderlinge skakeling te koördineer en te bevorder.
Die netwerk fokus ook daarop om goeie verhoudings met Afrikaanse kultuurorganisasies buite Namibië te vestig. Opperman is ‘n stigterslid van die netwerk en het ook as voorsitter gedien.
Hy het die prestige-toekenning van die FAK as "‘n groot eer" beskryf.
"Ek wil ook hulde bring aan talle ouers en onderwysers wat deur die jare met toewyding by Afrikaanse privaat skole betrokke is. Ook aan die verskeie besture van die Dorslandtrekkers-gedenkfeeskomitees wat met soveel passie vir hierdie kultuurhistoriese saak gewerk het.
“Dit was ‘n vreugde om saam met visionêre leiers by die eerste treë van die netwerk betrokke te wees. Mag die mooi werk wat daar begin is, van krag tot krag gaan," het hy gesê.
Hy het voorts elkeen wat meewerk om die "Afrikaanse taal en kultuur in Namibië te handhaaf en uit te bou" aangemoedig om met "hoop en visie" daarin te volhard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie