Familie in rou ná verdrinking
Wat veronderstel was om ’n kuier saam met vriende te wees, het in ’n tragedie ontaard.
Denver Kisting – ’n Tannie van die oorlede student mnr. Dexter Netha (19) sê sy begrafnisreëlings is nog nie getref nie.
Netha se lyk het Vrydagoggend omstreeks agtuur by Langstrand tussen Swakopmund en Walvisbaai uit die see gespoel.
Hy het op 28 Desember by Langstrand vermis geraak het.
Die tannie, me. Meriam Stefanus, het gister gesê Netha sal waarskynlik eerskomende naweek in Windhoek begrawe word.
Sy sê die familie was geskok toe hulle Vrydag die doodstyding ontvang.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het Vrydagoggend gesê Netha het waarskynlik verdrink.
’n Geregtelike ondersoek is van stapel gestuur, het hy gesê.
Iikuyu sê ’n lid van die publiek wat op die strand gaan stap het, het die lyk gevind.
Netha se lyk het uitgespoel sowat 1,8 km van waar die Sound of Summer-fees plaasgevind het.
Iikuyu het gistermiddag by navraag gesê ’n nadoodse ondersoek sal vandeesweek gedoen word om die presiese oorsaak van Netha se dood te bepaal.
Vroeër is berig Netha het ’n wit T-hemp, ’n donkerblou denimbroek en swart-en-wit Puma Ferrari- tekkies aangehad toe hy laas gesien is.
Dié student van die International University of Management (IUM) het volgens inligting tot die polisie se beskikking op 28 Desember saam met ’n vriend vanuit Windhoek op Swakopmund aangekom.
Hy sou daardie aand in Mondesa oornag.
Volgens ’n ander tannie me. Ndahafa Nghifikwa het hy omstreeks 11:00 laat weet van sy aankoms.
Hy en sy vriend sou die ‘Sound of Summer’-fees op Langstrand bywoon.
Die vriend kon egter nie die toegangsgeld bekostig nie.
Hy het teruggery Swakopmund toe en Netha is na die fees toe.
Ná ’n selfoonoproep van ’n ander vriend om Netha te gaan haal, het die vriend van Windhoek Langstrand toe gery.
Daar is hy gesê Netha het intussen weggestap, maar niemand kon sê waarheen nie.
Iikuyu sê Nethat het waarskynlik daardie aand reeds verdrink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie