Familie kerf saam
Familie kerf saam

Familie kerf saam

Tanja Bause
Tanja Bause



Dit verg ''n familie om ''n reuse-olifant uit hout te kerf. Volledig en tot in die fynste besonderhede, het dit 11 familielede twee jaar geneem om ''n olifant klaar te maak.

“Ons het as familie bymekaar gekom en gesels oor wat ons kan doen wat spesiaal is. Almal het klein diere gekerf en ons wou iets besonders doen. Dus het ons besluit om ''n baie groot olifant te kerf,” sê mnr. Kenny John.

Dié reuse-olifant wat verlede week verkoop is, het saam met ''n lewensgrootte renoster (foto) by die stalletjies van die houtkunstenaars op Okahandja gestaan.

Die familie se kerwers is gesoute hande wat in die verlede reeds ''n renoster en koedoebul uit hout gekerf het. Die bosreus was hul derde olifant wat die lig gesien het.

Mnr. Ndumba Isaak, nog ''n lid van die familie, het ''n baba-seekoei gekerf wat in Okahandja staan.

“Almal, van die jongste familielid tot Oupa, wat 72 jaar oud is, neem deel en werk saam. Oupa en die kinders kerf die ''vel'' en sorg vir die fyner afrondings,” vertel Kenny.

Sodra ''n kunswerk by ''n dorpie buite Rundu voltooi is, word dit met ''n hyskraan op ''n vragmotor gelaai en na Okahandja vervoer.

“My familie het besluit om die Groot Vyf te kerf. Ons is klaar met die olifant en die renoster en nou is ons met ''n leeu besig.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!