Familie waarsku vrou voor moord
Die vermoorde Windhoekse vrou se familie het haar gewaarsku om die gewelddadige liefdesverhouding waarin sy was, te beëindig.
Maria Eiseb
Hulle weet nie of hulle die verdagte ooit sal kan vergewe nie.
Só sê familielede van wyle me. Ndihole-Omwene Joleinge (32) wat Maandagmiddag by hul sinkhuis in die Okuryangava-woonbuurt in Katurura glo deur haar kêrel met 'n mes vermoor is.
Volgens Joleinge se ouer suster, me. Indileni George, was sy 'n saggeaarde mens.
"Sy het nie vir jou kwaad gebly nie, al het jy ook heeldag met haar geraas," het sy gister by hul huis in dié informele nedersetting vertel.
"Die verhouding was gewelddadig en ons het vir haar gesê om hom te los. Sy self het gesê sy wil die verhouding beëindig, maar die man wou nie verstaan nie," het George gesê.
“Hy het haar geslaan. Een oggend toe hy vir haar kom roep het om met haar te praat, het ek ook 'n baie slegte gevoel op my krop gehad," het sy gesê.
Joleinge het volgens die familie tevergeefs aan die begin van Maart probeer om die verhouding te beëindig.
Volgens George het hulle merke aan haar suster se lyf gesien, hoewel sy dit nie met haar familie bespreek het nie.
Maandag het die verdagte glo vir Joleinge geroep en gesê hy wil oorkant die straat met haar praat.
’n Bejaarde oom wat in een van die sinkhuise bly, het glo gesien hoe die twee by sy huis verbystap het, vertel George.
“Hy het gesê hy het 'n geluid gehoor, maar het nie besef sy is met 'n mes in die keel gesteek nie,” het George gesê.
Joleinge het toe glo vooroor geval met haar gesig in die rigting van die sinkhuis gedraai. 'n Negejarige kind het dit gesien en hulp ontbied.
"Die mense het probeer om met haar te praat en te vra wat gebeur het. Daar het 'n roggelgeluid en bloed by haar keel uitgekom waar sy met die mes gesny is," het George gesê.
Sy het glo probeer om te praat, maar het toe op die toneel gesterf.
"Dit sal baie moeilik wees sonder haar," het George gesê.
Konst. Edmund ||Khoaseb, woordvoerder by die Windhoekse stadspolisie, het by navraag gesê die verdagte het glo na sy huis in die Ombili-woonbuurt gehardloop en batterysuur gedrink, waarna hy na die Katutura-staatshospitaal geneem is.
||Khoaseb het die gemeenskap gemaan om nie te swyg wanneer hulle hulself in gewelddadige verhoudings bevind nie.
Komm. Silvanus Ngishidimbwa, polisiebevelvoerder vir die Khomasstreek, het gesê die verdagte is nog onder polisiebewaking in die hospitaal, maar kan al praat.
Dit is nie bekend wanneer hy in die hof sal verskyn nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie