Familielede verkrag glo minderjariges
Familielede verkrag glo minderjariges

Familielede verkrag glo minderjariges

Vier voorvalle van verkragting is die afgelope naweek by die polisie aangemeld.
Kristien Kruger - ’n Sewejarige is na bewering die afgelope naweek deur haar oom verkrag en ’n 15-jarige deur haar neef.

Volgens ’n polisieverslag is ’n sewejarige meisie van Okahandja Vrydag 3 Oktober deur haar oom verkrag. Die voorval het omstreeks 09:00 in die omgewing van Nau-aib plaasgevind.

Die meisie het glo onder ’n boom gespeel en die beweerde verkragter het haar na bewering na die bos gelok.

Volgens die verslag is die verdagte nog nie in hegtenis geneem nie.

NEEF TEISTER MEISIE

’n Vyftienjarige verstandelik gestremde meisie se 33-jarige neef het haar glo op verskeie geleenthede verkrag.

Die meisie woon in die Okanghudi- informele nedersetting op Ongha in die noorde van Namibië.

Haar neef het haar na bewering soms snags na sy kamer toe geroep of na haar kamer gegaan om haar te verkrag.

Sy het haar ma wat in ’n ander nedersetting woon glo onlangs daarvan ingelig.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

VROU IN RIVIERBEDDING VERKRAG

’n 48-jarige vrou is glo deur ’n 29-jarige man Vrydag 2 Oktober in ’n rivierbedding in Okahandja ingesleep en verkrag.

Dit het volgens die verslag tussen 23:00 en 02:00 naby Nau-aib plaasgevind.

Die vrou was glo op pad huis toe, toe die man haar gegryp en na die rivier gesleep het.

Die verdagte is nog nie opgespoor nie en die polisieondersoek duur voort.

BEWEERDE KINDERVERKRAGTER IN HEGTENIS

’n 28-jarige Angolese huiswerker is in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ’n sewejarige meisie in die Omauni- informele nedersetting in die Ohangwenastreek.

Die verdagte het glo die meisie na sy hut gelok en seksuele omgang met haar gehad. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!