Familielid van Minnie nou ook gedreig
Die familielid van Mark Minnie wat Woensdagaand op televisie gesê het sy familie glo nie hy het homself om die lewe gebring nie, word glo sedertdien gedreig.
Tersia Dodo het gisteroggend gesê sy sal geen verdere onderhoude toestaan nie en sal binnekort haar tuisdorp verlaat.
“Ek sal nie verdere onderhoude doen nie, want ek word ook nou gedreig en ontvang dreigboodskappe en -oproepe,” sê Dodo in ’n WhatsApp-boodskap.
Sy het nie op verdere vrae gereageer nie.
Minnie, ’n voormalige speurder van Port Elizabeth en medeskrywer van die opspraakwekkende boek Die seuns van Bird Island, is Maandagaand op sy vriend Brent Barnes se kleinhoewe met ’n skietwond aan sy voorkop aangetref.
In die boek beskryf Minnie sy ondersoek na ’n beweerde pedofielnetwerk waarby drie ministers van die apartheidsregering betrek word.
Die polisie het ’n geregtelike ondersoek na Minnie se dood geopen.
Dodo het Woensdagaand in ’n onderhoud met die SAUK-nuus gesê Minnie het enkele dae voor sy dood aan die familie gesê as iets met hom sou gebeur, moet hulle weet dit is aan hom gedoen en nie deur homself nie. Sy dink die sogenaamde selfdoodbrief wat die polisie gekry het, is op die toneel geplant en dit kan wees dat hy die brief onder dwang geskryf het.
Sy sê Minnie was met verdere ondersoeke besig en nog boeke met onthullings sou volg.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie