Famous Brands: ‘Nuwe’ Wimpy, Steers help groei
Famous Brands beplan om dividende eers weer in 2018 te begin betaal terwyl hy steeds daarop fokus om die groep uit te brei.
Elvira Wood - Mense hou baie van die nuwe Wimpy en Steers terwyl Debonairs Pizza en Fishaways ook gewild is.
Dit is veral dié vier restaurantgroepe wat ’n bydrae tot die groep se groei van 13,8% in sy Suid-Afrikaanse verkope vir die halfjaar tot einde Augustus gemaak het.
Darren Hele, uitvoerende hoof van Famous Brands, sê “in die konteks van uitdagende handelsomstandighede in die oorsigtydperk het die groep se onwrikbare fokus op bestendige verbetering en belegging in die onderneming gehelp om goeie resultate te lewer”.
Die groep se inkomste in geheel het met 23% tot R2,4 miljard gegroei terwyl sy bedryfswins, insluitende buitengewone items, 51% hoër is op R525 miljoen teenoor die vorige halfjaar is.
Die twee buitengewone items is die afgeleide groei van R141 miljoen op die koopopsie om die koopprys van Gourmet Burger Kitchen (GBK) te verskans en die waardedaling van R20 miljoen op Famous Brands se belegging in UAC Restaurante in Nigerië in 2013.
Bedryfswins voor hierdie items is 17% hoër op R404 miljoen.
Famous Brands se grootste verkryging tot dusver, die Britse GBK-groep wat hy in September vir £120 miljoen gekoop het, word as een van die groot redes gegee hoekom daar nie ’n dividend betaal is nie.
Volgens ’n Sens-verklaring wat gister uitgereik is, het die verkryging van dié groep van ongeveer 80 restaurante, tot ’n hoër vlak van hefboomfinansiering gelei.
Wisselkoers
Die groep se Britse bedrywighede was ook onder druk en het 2,6% verlies in pondwaarde gely. Weens die wisselkoers het inkomste wel met 7,7% in die rand tot R57,6 miljoen gegroei.
Famous Brands beplan om dividende eers weer in 2018 te begin betaal terwyl hy steeds daarop fokus om die groep uit te brei.
In Suid-Afrika sal verbruikers in Februarie 2017 by Paul-restaurant, wat sy deure in Melrose Arch gaan oopmaak, vir eg Franse gebak en koffie kan aansit.
Die groep besit 2 626 restaurante wêreldwyd en het 75 nuwes in die ses maande tot einde Augustus oopgemaak.
Die meeste van die nuwe restaurante, 64, is in Suid-Afrika oopgemaak.
Die groep se inkomste uit sy vervaardigingsbedrywighede het in die tydperk met 53% tot R1,3 miljard gegroei. Die bedryfswins vir vervaardiging het met 64% tot R166 miljoen toegeneem.
Dit was veral die Fine Cheese Company, Sauce and Spice en Midrand Meat-fabriek wat goeie groei getoon het.
In die volgende halfjaar, sê Famous Brands, sal sy Coega-tamatiepastafabriek, wat hy ook in 2016 gekoop het, begin om produkte te lewer terwyl hy glo gesnyde kaasprodukte van die Fine Cheese Company sal ook ’n goeie finansiële bydrae lewer.
Famous Brands se aandeelprys het Vrydag op die JSE op R161,56 gesluit. - Netwerk24
KASSIE
Famous Brands-syfers tot einde Augustus
* Inkomste neem met 23% tot R2,4 miljard toe.
* Bedryfswins (insluitende buitengewone items) neem met 51% tot R525 miljoen toe.
* Basiese verdienste per aandeel groei met 62% tot 361c per aandeel.
* Wesensverdienste per aandeel groei met 71% tot 411c per aandeel.
* Kontant styg met 19% tot R457 miljoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie