FAN stel nuwe raad bekend

Lloyd Zandberg
In 2000 is die Filmmakersvereniging van Namibië (FAN) gestig, en sedertdien speel hierdie vereniging ’n merkwaardige rol in die bevordering, groei en ontwikkel in die Namibiese rolprentbedryf.

FAN is 'n lidgedrewe-organisasie en die raad praat namens die bedryf as ’n geheel.

Een van die nuwe raad se doelwitte is om in 2018 'n aantal kortfilms uit 'n minimale begroting te skep.

Die raad sal daarna streef om fondse in te samel om soveel lede moontlik te help om die Namibiese Filmkommissie se befondsing by te staan.

Nuwe lede sal 'n assesseringsproses ondergaan, wat hul vaardighede bepaal en hul posisies binne die produksieproses identifiseer. Die leerlingprogram sal die raad in staat stel om die talent te bepaal waaroor die land beskik.

Die nuwe raad sal ook die rolprentbedryf aanspreek deur te fokus op besigheidsadministrasie, bemarking en filmverspreiding om nuwe lede die vaardighede te leer wat hulle benodig vir die sukses van toekomstige produksies.

Dit sal die filmbedryf in die toekoms verder formaliseer en breër besigheids- en werksgeleenthede vir Namibiërs skep.

Benewens die ondervinding wat die nuwe raad aan lede bied, sal hulle ook hul webwerf opgradeer en 'n maandelikse digitale nuusbrief uitreik, wat geleenthede en vordering in die filmbedryf ten toon stel.

Die raad moedig rolprentmakers aan om as lede vir N$300 per jaar en N$150 vir student te registreer. Registrasie kan per e-pos by [email protected] gedoen word.

Die nuwe raad is Mpingana Dax (voorsitter), Mark Grove (ondervoorsitter), Lené Janse van Rensburg (tesourier), Vernna Muronga (sekretaris), Kulan Ganes (gebeurtenisbeampte en bemarking), Coennie Muundjua (streekkoördineerder) en Girley Jazama (PR- en kommunikasiebeampte).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!