Fantasties, Windhoek Gimmies!

Atletiek
Andrew Poolman
Tielman van Lill – Windhoek Gimnasium het verlede Woensdag by die Tukkies-atletiekstadion in Pretoria aan die Tuks Toptienbyeenkoms teen 53 skole meegeding en algeheel agtste teen die room van Suid-Afrika geëindig.

Tuané Silver het met ’n afstand van 15.24 meter in die gewigstoot vir o.19-meisies haar silwermedalje behaal. Sy het die byeenkomsrekord asook haar eie nasionale Namibiese rekord verbeter en so opnuut vir die latere o.20-wêreldkampioenskap in Colombië gekwalifiseer. In die diskusgooi behaal sy die brons.

Dirk Farmer (o.14-seuns) beklink silwer in die 100 meter-naelloop en Karsten Diergaardt (o.17-seuns) eindig derde in die hoogspring vir sy brons.

• Saterdag is die Curro-atletiekbeker by die Pilditch-stadion gehou waar 35 Curro-skole saamgetrek was. Gim se span storm meedoënloos voort na 42 medaljes en behaal 28 nuwe byeenkomsrekords.

Die Windhoekers wen 30 goue, 13 silwer- en een bronsmedalje om met 8 384 punte as kampioenspan bekroon te word. Tuané Silver (o.19-meisies) en Christiaan Burger (o.15-seuns) word as beste veldatlete vir hul gewigstootvertonings aangewys.

Desiré Moolman (o.17-meisies) en Nicholas du Plessis (o.17-seuns) is as die beste baanatlete vir hul oorheersing in onderskeidelik die 200-naelloop en 110 m-hekkies bekroon.

Die o.19-meisies en seuns wen met rekordtye in die 4x100-aflos onderskeidelik silwer en goud.

Windhoek Gimnasium sê: “Ons bedank graag vir Airlink vir hul borgskap wat ons na Suid-Afrika vervoer het. Julle het gehelp om sportstandaarde en vertonings in Namibië te verbeter. Airlink het die atlete ’n wonderlike kans gegee om te groei en te ontwikkel. Die span het spesiale herinneringe van die reis.”

• Die Gim-span se medaljes en rekords is soos volg verskaf:
Marike Weitz (o.14), 10.8 m nuwe byeenkomsrekord in gewigstoot; rekord in diskusgooi.
Christiaan Burger (o.15) rekord in gewigstoot, rekord in diskusgooi.
Ivan du Plooy (o.19), Zack von Wielligh (o.17) en Roche Brand (o.16) nuwe rekords in 400 m-hekkies.
Zack von Wielligh goud, Roche Brand silwer in o.17 200m
Waldre Kotze (o.16) rekord in diskusgooi; goud gewigstoot.
Dirk Farmer (o.14) goud 200 m, goud 100 m.
Ruano de Carvallo (o.15) goud 200 m, (o.15) goud 100 m.
Hayley Kidd (o.14) silwer 200 m.
Desiré Moolman (o.17) goud 200 m; goud 400 m.
Jaden Januarie (o.17) silwer 200 m; silwer 100 m.
Mienke Collard (o.15) silwer gewigstoot.
Lu-Hendro de Waal (o.19) goud 200 m; silwer met 11.23 sekondes vir 100 m.
Nicholas du Plessis (o.17) goud 110 m-hekkies; goud 400 m.
Tuané Silver (o.19) nuwe rekord in diskusgooi; goud en nuwe rekord in gewigstoot.
Andrea Rakow (o.17) silwer diskusgooi.
Cira de Wet (o.17) nuwe gewigstootrekord.
Kyla Landsberg (o.16) goud 200 m.
Kyla Landsberg (o.16) goud 100 m en nuwe rekord; Zoe Waldschmidt brons.
Zoe Waldschmidt (o.16) silwer 200 m.
Cara Kruger (o.14) goud 90 m-hekkies.
Hermy Silver (o.15) goud 400 m.
Janneman Brand (o.17) silwer 400 m.
Ivan du Plooy (o.19) silwer 400 m.
o.19-meisiesaflosspan silwer.
o.19-seunsaflosspan goud.


FOTO’s VERSKAF

Christiaan Burger

Nicholas du Plessis

Tuané Silver

Die spankapteins, Mioné Garbers en Ivan du Plooy.

Desiré Moolman

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!