Farmhouse Deli maak plek vir nog
Meer kamers en kampeerplek is van die toevoegings tot ‘n gewilde uitspanplek op Outjo.
Augetto Graig – Op Outjo is ‘n sakevrou om mee rekening te hou.
Die eienaar van die Farmhouse Deli, me. Anastasia (Ansta) Gabathuler, is lank reeds bekend vir haar passievolle energie wat betref gasvryheid, die maak van smullekker kos en vriendelikheid. En sy het heeltyd planne vir haar geliefde dorp.
Ansta het vir Noorderlig vertel sy kon uiteindelik die huisie agter die Farmhouse koop. Dié gaan sy omskep ter uitbreiding van luukse akkommodasie by haar bekende rusplek. Die bykomende ruimte van net meer as 2 000 m² sal voorsiening maak vir sowat tien kamers, asook slaapplek vir besoekende studente bied.
Hoewel sy jare al ‘n ervare kok is, ontvang sy tans formele opleiding in gasvryheid by die Namibiese Toerismeraad (NTB), en volg ‘n RPL-kookkursus deur die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA). Deur die RPL-program verwerf vakmanne amptelike erkenning vir hul praktiese ervaring.
“Ek hoop ons sal voor Mei volgende jaar klaargebou wees. Dan sal ek aanvanklik werksgeleenthede vir nog agt mense kan skep: Een ontvangsdame, twee skottelgoedwassers, twee wasmeisies, twee kokke en een voltydse sekuriteitsbeampte,” sê sy met trots.
Boonop beplan Ansta om ‘n restaurant op ‘n kleinhoewe na aan Okaukuejo in Etosha op te rig, asook kampgeriewe na aan die perseel van die jaarlikse Outjo Wildsfees. “Ons het reeds besprekings vir volgende jaar se Outjo Wildsfees ontvang,” sê sy.
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het in Oktober die nuwe ontwikkelings goedgekeur, en die bouwerk is mee begin.
Ansta bestuur ook ’n opknapprojek vir die polisiekantore op die dorp, waarvoor vanjaar goedkeuring ontvang is. Dié liefdadigheidsprojek is een van vele waarmee sy aan haar gemeenskap wil teruggee.
“Ek is lief vir Outjo,” sê sy. “Die volgende ding sal wees om die park ‘n bietjie groen te maak. Ek hoop ons kan volgende jaar die opemarkdag daar vier.”
Haar geheim is eenvoudig, sê sy. “Positiewe denke is die beste.”
Ansta sien ook daarna uit om die nuwe biertuin by die Farmhouse tydens volgende jaar se Oktoberfees behoorlik te benut.
Al dié bedrywighede mag vir sommige oorweldigend klink, maar Ansta sê die wenresep is om nie te ver vooruit te dink nie. “Ek vat dit soos dit kom.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie