Fase 4: Graad 0 tot 3 keer 7 Julie terug
Denver Kisting - Voorskoolse leerlinge en dié in graad 1 tot 3 keer volgende Dinsdag 7 Julie terug skool toe.
So lui die noodtoestandregulasies vir fase 4 wat pres. Hage Geingob gister (Sondag) onderteken het.
Dít ondanks ’n vorige korrespondensie dat dié leerlinge reeds volgende Maandag onderrig van aangesig tot aangesig sou kon hervat.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, ouers wat Sondag hul kinders koshuis toe sou neem, mag dit steeds doen.
Kinders sal nie weggewys word nie, het sy gesê.
Maandag sal vir oriëntering gebruik word, terwyl formele onderrig die volgende dag sal hervat, sê Steenkamp.
Lees môre die volledige berig oor die fase 4-regulasies in Republikein.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie