FBI benoud oor Trump
FBI benoud oor Trump

FBI benoud oor Trump

'n Memorandum van die ­Amerikaanse kongres kan dalk wys dat die FBI bevooroordeeld is.
Die Amerikaanse regering skarrel oor 'n memorandum wat glo gister deur pres. Donald Trump openbaar gemaak sou word.

Daarin word glo bevestig dat die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) bevooroordeeld is in sy ondersoek na Rusland se beweerde inmenging in die Amerikaanse verkiesing in 2016 waarin Trump verkies is.

CNN berig, die FBI voer aan die memo is nie akkuraat nie en bevat inligting wat regeringsgeheime kan blootlê. Dit plaas nog meer spanning op die reeds stram verhouding tussen Trump en die FBI.

Christopher Wray, direkteur van die FBI, het openlik van Trump verskil en 'n waarskuwing gerig dat die memo inligting bevat oor die FBI se waarnemingspraktyke en dat dit terselfdertyd sleutel-inligting uitlaat, wat die geloofwaardigheid van die dokument in gedrang bring.

“Die FBI is 'n kort tyd gegun om die dokument na te gaan, 'n dag voordat die komitee gestem het om dit openbaar te maak.” Trump het Wray as hoof van die FBI benoem nadat hy die vorige FBI-direkteur, James Comey, verlede jaar afgedank het.

Komitee oor intelligensie

Die Republikein David Nunes, voorsitter van die huis van verteenwoordigers se komitee oor intelligensie, wat die opdrag gegee het vir die opstel van die dokument, het die FBI en die Amerikaanse departement van justisie se besware daaroor in 'n verklaring as “vals” beskryf.

Sarah Huckabee Sanders, die Withuis se woordvoerder, het Woensdag gesê Trump het nog nie die ­dokument gelees nie; maar die president het Dinsdagaand in sy staatsrede in die Amerikaanse kongres gesê die kans is “100%” dat die memorandum uitgereik sal word.

'n Withuis-amptenaar het gesê die dokument van vier bladsye is Maandag by die Withuis afgelewer nadat Nunes se komitee besluit het dit moet bekend gemaak word.

Die Demokratiese Party se Adam Schiff, wat ook 'n lid van die intelligensie-komitee is, het gesê hy het vasgestel Nunes het “geringe veranderinge” aangebring aan die verslag wat hy na die Withuis gestuur het. Die party is bekommerd dat die dokument gebruik gaan word om die FBI se ondersoek na Trump se verbintenis met Rusland onder verdenking te plaas, berig BBC.

Dit is daarom nie meer dieselfde verslag as dié wat deur die komitee goedgekeur is nie, sê Schiff.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!