FBI kry bewyse oor Trump, Stormy
Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het Maandag ’n klopjag op die kantore van pres. Donald Trump se persoonlike regsverteenwoordiger, Michael Cohen, uitgevoer. Daar is beslag gelê op rekords van betalings aan die porno-ster Stormy Daniels.
Stephen Ryan, Cohen se regsverteenwoordiger, het die reeks klopjagte as “totaal onvanpas en onnodig beskryf” en sê sy kliënt is besig om sy volle samewerking aan owerhede te gee,” berig The New York Times.
Die lasbrief vir die klopjag is bekom op aanbeveling van Robert S. Mueller, voormalige FBI-direkteur, wat die ondersoek lei na Rusland se beweerde inmenging in die Amerikaanse verkiesing.
Volgens USA Today hou die reeks klopjagte nie verband met die Mueller-ondersoek nie en is dit waarskynlik gedoen op grond van inligting waarop hy afgekom het.
Benewens inligting oor die betalings aan Daniels het die FBI glo ook op e-posse, belastingsvorms en sakerekords beslag gelê.
Dit sluit in kommunikasie tussen Trump en Cohen wat deur ’n spesiale ondersoekspan nagegaan sal moet word, aangesien kommunikasie tussen ’n prokureur en sy kliënt in die meeste gevalle as vertroulik beskou word.
Daniels, wie se regte naam Stephanie Clifford is, beweer sy het met Trump seks gehad en Cohen het haar net voor die Amerikaanse verkiesing in 2016 sowat R1,5 miljoen betaal om daaroor stil te bly.
The New York Post het verlede week berig Cohen het die maatskappy Essential Consultants begin om die betalings aan Daniels te fasiliteer.
Die betaling is twee weke voor die aanvang van die verkiesing aan Daniels gemaak.
Cohen, wat ook ’n sentrale figuur in die Mueller-ondersoek is, sê hy het die betalings uit sy eie sak gedoen en ontken dat daar ooit ’n verhouding tussen Trump en Daniels was.
Daniels wil die dispuut in die hof beveg.
Michael Avenatti, haar regsverteenwoordiger, het Maandag ’n hofaansoek gebring om te vra dat ’n aansoek deur Trump se regsadviseur wat haar wil dwing om ’n arbitrasieproses te volg tersyde gestel word, berig Reuters.
Avenatti het vroeër ook ’n hofaansoek in Los Angeles gebring om daarop aan te dring dat Trump vrae beantwoord oor die beweerde betalings om Daniels se stilswye te verseker.
Daniels het in Maart Cohen gedagvaar om die ooreenkoms nietig te verklaar.
Trump het verlede week die eerste keer op Daniels se bewerings gereageer en sê hy dra geen kennis van enige betalings wat deur Cohen aan haar gedoen is nie.
Die Withuis ontken dat Trump en Daniels seks gehad het.
Cohen se regsverteenwoordiger voer aan die ooreenkoms maak voorsiening dat enige dispuut deur arbitrasie opgelos word, eerder as in die hof.
Avenatti sê dat Trump nooit die ooreenkoms onderteken het nie en dat daar dus niks is om oor te arbitreer nie. Hy wil hê die saak moet deur ’n jurie aangehoor word.
“Ons sal voortgaan om te veg om hierdie saak in die hof te kry, waar die sonlig as ’n ontsmettingsmiddel kan dien en die waarheid kan floreer,” sê Avenatti op Twitter.
Trump het dié klopjagte as ’n “skande” beskryf en sê dit is ’n aanval op die land. Aan verslaggewers het hy gesê dat hy heeltyd aan ’n heksejag onderworpe is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie