FBI ondersoek Gupta-bande
Die FBI stel ondersoek in na Amerikaanse bande met die omstrede Gupta-familie van Suid-Afrika.
Brittanje het gelas dat finansiële handhawingsagentskappe moet kyk na moontlike bande tussen die banke HSBC en Standard Chartered Bank en die Guptas, het die Financial Times berig.
Die FBI gebruik glo inligting uit die #GuptaLeaks-e-posse om na bande wat die Gapta-familie met Amerika gehad het.
Die ondersoek fokus op die Amerikaanse burgers Ashish en Amol Gupta, wat kleinneefs is van Atul en Ajay Gupta. Dié familielede in Amerika besit ’n maatskappy wat betalings ontvang het van ’n maatskappy wat in Dubai gesetel is en wat bande met ’n Suid-Afrikaanse Gupta-maatskappy het.
Intussen het Philip Hammond, Britse minister van finansies, gesê daar word ondersoek ingestel na berigte dat twee banke in Londen moontlik onwettige transaksies hanteer het wat met die Guptas verbind kan word en wat via Dubai en Hongkong gemaak is, luidens nog ’n berig deur die Financial Times.
Die Suid-Afrikaans gebore lord Peter Hain, ’n voormalige Arbeidersparty-minister, het die bewerings onder Hammond se aandag gebring. Hain het nie HSBC of Standard Chartered direk beskuldig nie, maar in ’n brief aan Hammond voorgestel dat sekere transaksies nagegaan moet word.
Hammond het daarop geantwoord deur te bevestig dat hy die Financial Conduct Authority (FCA), die Serious Fraud Office en die National Crime Agency in die Verenigde Koninkryk gekontak het.
Luidens die Financial Times het die FCA reeds met albei die banke kontak gemaak.
HSBC en Standard Chartered wou nie onmiddellik kommentaar lewer nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie