Fed verhoog rentekoers in VSA
Fed verhoog rentekoers in VSA

Fed verhoog rentekoers in VSA

Die Federale Reserweraad (Fed) het Woensdag rentekoerse in dié land met 0,25 persentasiepunt verhoog.

Hy het ook voorspel dat rentekoerse minstens nog twee keer vanjaar verhoog gaan word: ’n teken dat hy al hoe meer vertroue het dat belastingverlagings en staatsbesteding die ekonomie en inflasie sal steun.

In sy eerste beleidsvergadering onder leiding van Jerome Powell, sy nuwe voorsitter, het die bank laat blyk dat inflasie – wat jare onder die teikenvlak van 2% was – eindelik gaan begin styg en dat die ekonomie onlangs momentum begin kry het.

Die Fed het ook sy verwagte langtermyn- “neutrale” koers verhoog. Dit is die vlak waarop monetêre beleid nie die ekonomie laat versnel of verlangsaam nie. Dit word as ’n teken gesien dat die huidige beleid om rentekoerse geleidelik te verhoog langer in plek gaan bly.

“Die ekonomiese vooruitsig het die afgelope maande verbeter,” sê die Fed in ’n verklaring nadat hy sy uitleenkoers tot tussen 1,5% en 1,75% verhoog het.

Powell sê die bank gaan hou by die beleid om koerse geleidelik te verhoog, maar het gewaarsku dat hy inflasie moet dophou.

“Ons probeer ’n middeweg vind,” sê Powell.

Hy sê dit lyk nie of die ekonomie inflasie binnekort gaan laat styg nie.

Ontleders het die verhoging verwag.

“Die vooruitsig vir rentekoersverhogings in die toekoms is ’n bietjie meer aggressief as wat oorspronklik verwag is. Dit lyk of rentekoerse in 2019 vinniger verhoog gaan word,” voorspel Matt Miskin, markstrateeg by John Hancock Investments.

“Die nuwe voorsitter van die Fed se siening is ’n bietjie meer aggressief.” – Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!