Federer deel wyse woorde, inspirasie
Asof hy nie reeds op jou lys was van beroemdes wat jy die graagste sal wil ontmoet nie ...
Andrew Poolman - “My ouers het my van kleins af soveel stories oor Namibië vertel dat dit voel asof ek al tevore hier was.”
Roger Federer het sy antwoord só begin, op 'n mediavraag oor sy indrukke van die land, tydens gisteroggend se welwillendheidsbesoek om president Hage Geingob by Staatshuis oor sy beleggings in vroeë kinderontwikkeling vir skoolgereedheid hier in te lig.
Al het die 38-jarige Switserse tennislegende dit sekerlik nie so bedoel nie, sou mens nie verbaas wees indien sy sjarme nuwe bewonderaars in Namibië wen wat Vrydag vir hom sal skree wanneer hy Rafael Nadal in die Kaap n 'n vertoonwedstryd takel nie.
“Jy kry net een kans om 'n eerste indruk te maak en die mense in Namibië was besonder vriendelik en tegemoetkomend teenoor my en my span. Ná alles wat ek gehoor het, is ons beslis nie teleurgestel nie.
“Ek het dit geniet om vanoggend deur die buitewyke van Windhoek te ry en van die skole te sien en laerskoolkinders te ontmoet wat ons met sang 'n wonderlike ontvangs gegee het. Dit was ook lekker om deur die middestad te stap en 'n gevoel vir die plek te kry.
“Ek weet Namibië is veel, veel meer as net Windhoek en ek sal baie graag deur die land wil kom toer wanneer ons vier kinders 'n bietjie ouer is ... en wanneer tennis nie meer die hoofprioriteit in my lewe is nie. Ek is nog nie klaar gespeel nie en ek hoop ek kan nog 'n rukkie voortgaan.”
Federer se antwoorde op die ander drie mediavrae was soos volg.
WAT STEL JY VOOR MOET NAMIBIë DOEN, OM TENNISSPELERS VAN GRONDVLAK TOT ELITE VLAK TE ONTWIKKEL?
“Aan die einde van die dag het jy 'n baan met 'n net, balle en 'n raket nodig en dit alles moet onderhou word. Dit verg 'n bietjie moeite om dit te laat gebeur. ”
“Ek weet nie hoe elke baan in Namibië lyk nie, maar ek weet die land strek oor 'n groot gebied en daarom is dit nodig dat mense van verskillende gebiede moet saamwerk. Ek weet in sommige lande sê mense hulle werk saam, maar dis nie wat regtig gebeur nie omdat hulle liewer die beste in hul streek wil wees.
“Uiteindelik het jy ook goeie afrigting nodig. Dit kom terug na opleiding. As ek nie goeie afrigting gehad het nie, sou ek nie vandag hier kon sit nie.
“Dit gaan oor tegniek; dit gaan oor volharding; dit gaan daaroor om gemotiveerd te bly; om wen en verloor te verstaan. Dit is die volgende fase.
“Al is dit 'n individuele sport, is dit voordelig om in 'n span te groei. Tennis neig om 'n ryk sport te wees en as die regering kan help om klubs tot stand te bring, is dit uitstekend.
“As 'n volgende tenniskampioen uit 'n plek soos Namibië kan kom, sal almal dink dit is wonderlik om te sien.”
WATTER WOORDE VAN AANMOEDIGING AS 'N JONG SEUN HET JOU BYGEBLY OOR DIE JARE, WAT JY KAN DEEL MET DIE JEUG WAT NA JOU OPKYK?
“Dis 'n vraag wat ek eintlik nogal gereeld kry. Ek glo nie daar is 'n enkele geheim nie, behalwe miskien harde werk. Ek was gelukkig om goeie ouers te hê ... luister na jou afrigters se raad ... ek was gelukkig om goeie afrigters te hê en 'n goeie ondersteuningspan in die agtergrond.
“Luister en leer vinnig ... ek glo jy moet dit in die lewe toepas. Wees gaaf teenoor mense, want jy ontmoet hulle twee keer.
“Mense weet dalk nie ... want vir die laaste 18 jaar het ek my goed gedra op die tennisbaan, maar ek kon bietjie mallerig raak toe ek jonk was. Dit het my tyd geneem om my ... alles onder beheer te kry. Ek het gehuil, ek het aan die skree geraak, ek sou my raket rondgooi ...
“Ek wens ek het dit vroeër geleer, maar ek was 'n emosioneel onvolwasse jong seun ...
“So ek dink volharding, om na raad te luister en te leer en jou beste te gee, kan jou ver bring in die lewe. Tennis het vir my deure geopen en hier sit ek in Namibië langs die president en ons praat oor hoe ons die onderwysstelsel in hierdie mooi land kan ondersteun.
“Dis 'n voorreg en ek hoop mense sien tot 'n mate raak dat as ek dit kan regkry, kan jy ook. Ek was nie van nature die mees talentvolle speler nie, maar ek het volhard en ek dink ook ek het groot gedroom ... dalk nie nommer een in die wêreld nie, maar dalk top-500 of top-100. Uiteindelik het ek al my eie verwagtinge oortref.”
HOEKOM SUIDER-AFRIKA VIR JOU BELEGGINGS KIES?
“My moeder is in Kemptonpark gebore en ons het op 'n paar vakansies deur Suider-Afrika gereis. Toe ek meer as 15 jaar gelede die kans gekry het om my stigting te begin, het ek (oor welsynsprojekte) die leerproses begin deur aktiwiteite aan te pak en die lesse ter harte te neem.
“Ek is passievol daaroor, want die ATP-toer het Unicef as een van sy wêreldwye vennote. Ek het lank gelede 'n Unicef-ambassadeur geword, maar ek wou ook deur my eie stigting dinge aanpak.
“My heel eerste projek was in Port Elizabeth en van daar het ons gegroei om nou in ses of sewe lande betrokke te wees.
“Suider-Afrika lê my naby aan die hart. Ek het heelwat tyd hier deurgebring – as 'n kind, maar nie as 'n beroepstennisspeler nie. Dit is hoekom ek Vrydag in Kaapstad teen my goeie Rafael Nadal speel en ek is baie opgewonde daaroor.
“Dit sal my eerste wedstryd op die vasteland wees sedert ek in 2002 in Marokko in die Davisbeker betrokke was. Dit sal dus vir my 'n baie emosionele en vreugdevolle dag wees.”
Federer sê tydens sy blitsbesoek het hy die mense ontmoet wat sy welsynsprojekte vir vroeë kinderontwikkeling in Namibië sal bedryf.
“Die regte plaaslike vennote is van sleutelbelang, want ons stel hoë verwagtinge. Uiteindelik moet dit ten bate van die kinders wees. Die mense van al drie organisasies is baie vriendelik en ek hoop ons kan in die toekoms nog meer doen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie