Federer haal nie Cash se top-twee
Federer haal nie Cash se top-twee

Federer haal nie Cash se top-twee

Tennis
Die voormalige Wimbledonse manskampioen Pat Cash is van mening dat Roger Federer, die 20-malige Grand Slam-wenner, dalk nie eens die tweede beste tennisspeler van sy generasie is nie.
Cash reken dat Federer se vernaamste teenstanders, Rafael Nadal en Novak Djokovic, voor hom in die ry staan as die beste spelers van hul tydvak.
Toe hy gepols is oor wie die beste speler van dié drie is, het Cash gesê: “Dit is Djokovic. Baie duidelik. Hy is ’n frats. Die ander twee het ’n voorsprong (Grand Slam-titels) op hom gehad, maar hy het hulle ingehaal.”
Die Serwiër het 'n beter rekord in sy tweestryde met Federer en Nadal. Hy loop met 27-23 voor teen Federer en 29-26 teen Nadal.
Hoewel Federer reeds 20 Grand Slam-titels gewen het, was sy laaste Grand Slam in die Australiese Ope in Melbourne in 2018 toe hy die Kroaat Marin Cilic in die eindstryd geklop het.
Verlede jaar se Wimbledon-eindstryd tussen Djokovic en Federer was epies. Dit was die langste eindstryd in die toernooi se geskiedenis en het vier ure en 57 minute geduur.
Djokovic was met 13-12 baas in ’n klassieke kragmeting oor vyf stelle, waarin hy twee wedstrydpunte afgeweer het.
Dit versterk Cash se argument, waarby hy ook voeg: “Novak kan sy spel na ’n hoër vlak neem op enige oppervlak.
“Soos Nadal op gras speel, dink ek nie hy sal Roger op enige ander oppervlak as klei kan klop nie.”
In die nimmereindigende debat oor wie bobaas is, speel baie dinge ’n rol.
As ’n houespeler en wat sy beweging op die baan betref, is Federer sonder weerga.
Wat algehele oorheersing op een oppervlak (klei) betref, moet dit Nadal wees. Hy het reeds ’n ongekende 12 Franse Opes gewen.
Gaan dit oor oorheersing, moet Djokovic bo uitkom. – Reuters, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!