• Tuisblad
  • Sake
  • Fedusa wil hê Steinhoff-hoof moet waai oor lening
Fedusa wil hu00ea Steinhoff-hoof moet waai oor lening
Fedusa wil hu00ea Steinhoff-hoof moet waai oor lening

Fedusa wil hê Steinhoff-hoof moet waai oor lening

Ondanks ontkennings deur Steinhoff se hoës bly die vermoede dan hulle vooraf van die maatskappy se probleme moes geweet het.
Nellie Brand-Jonker en Bloomberg

Die vakverbond Fedusa sê Danie van der Merwe, waarnemende uitvoerende hoof van Steinhoff, moet bedank oor ’n lening einde November van Investec, ’n week voor die aandeelprys van die maatskappy ineengestort het.

Van der Merwe het die lening bekom deur die Steinhoff-aandele as sekuriteit aan te bied.

Hy het op 25 Januarie gesê Investec Bank het die hofaansoek teen hom teruggetrek en dit is deur die hooggeregshof opgehef nadat hy met die bank geskik het.

Volgens Bloomberg het Fedusa in ’n verklaring gesê die tydsberekening van die lening is “hoogs verdag en smaak ’n bietjie na binnehandel”.

“Daar is geen manier hoe Steinhoff se hoës, insluitende Van der Merwe, nie volle kennis gehad het oor wat aangaan op die vooraand van die ineenstorting van die aandeelprys nie.”

Van der Merwe het in Januarie teenoor Netwerk24 ontken dat hy ’n week voor die gebeure enige kennis gehad het van wat gaan kom.

Investec het in Desember ’n hofaansoek teen beide die private beleggingsmaatskappye van Van der Merwe (Ruby Street Investments) en Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, (Mayfair Speculators) ingedien.

Sowel Ruby Street as Mayfair Speculators het kort voor Jooste se bedanking weens beweerde rekeningkundige ongerymdhede by Steinhoff en die ineenstorting van die aandeelprys, ’n lening by Investec gekry waarvoor die aandele as sekuriteit aangebied is.

Die hofaansoek is gebring om te keer dat die geld wat hulle ontvang het, onttrek word.

Ook Absa het ’n hofaansoek teen Mayfair Speculators gebring oor geld wat aan hom geskuld word waarvoor die aandele ook as sekuriteit aangebied is.

Mayfair het ook aan Sanlam honderde miljoene geskuld – ook vir lenings waarvoor die aandele as sekuriteit aangebied is.

Mayfair het intussen ’n ooreenkoms met hulle aangegaan om voor die einde van die jaar al sy bates te verkoop om sy skuld terug te betaal.

Ruby Street is as die tweede respondent op die hofaansoek van Investec gelys wat in Desember gebring is, het die hofdokumente getoon.

Van der Merwe is die alleendirekteur van Ruby Street, maar sy gemagtigde ondertekenaar was net soos vir Mayfair Speculators, ook Stefan Potgieter, Jooste se skoonseun.

Investec het in die hofstukke gesê Potgieter het einde November by hom aangeklop vir lenings vir onderskeidelik Ruby Street en Mayfair Speculators.

Investec het op 29 November R93,5 miljoen aan Mayfair en R26,3 miljoen aan Ruby Street oorbetaal.

Volgens Investec het Potgieter eers op 20 November ’n kwotasie probeer kry vir onder meer verskansingsopsies op die Steinhoff-aandele van Ruby en Mayfair.

Die doel daarvan sou gewees het om Mayfair en Ruby Street te beskerm indien Steinhoff se aandeelprys ineenstort, voer Investec in die hofstukke aan.

“Investec het in daardie sta¬dium glad nie rede gehad om agterdogtig te wees oor die versoek nie, maar by nabetragting en met inagneming van die gebeure net meer as ’n week later, is die noodwendige gevolgtrekking dat Jooste en Potgieter geweet het Jooste staan op die punt om te bedank as uitvoerende hoof van Steinhoff en watter impak dit, tesame met die ander onthullings van beweerde rekeningkundige onreëlmatighede, op die aandeelprys sal hê.”

Potgieter het glo later van besluit verander en op 23 November gesê Mayfair en Ruby Street wil eerder hul bestaande lenings vergroot.

“Ook by nabetragting is die noodwendige gevolgtrekking oor die verandering in taktiek dat Jooste en Potgieter moes geweet het die verskansingstransaksies sal daarop neerkom dat hulle aandele in ’n geslote tydperk verhandel en dat dit hulle aan eise oor potensiële binnehandel blootstel.”

Volgens Investec is die lenings toegestaan omdat die Steinhoff-aandele in daardie stadium die blootstelling van die bank meer as genoeg gedek het.

Investec Bank se blootstelling aan Mayfair en Ruby was einde November gesamentlik R256,4 miljoen. Die totale waarde van die Steinhoff-aandele was toe R473,5 miljoen.

Teen die tyd dat die hofaansoek ingedien is, het die waarde van die aandele tot R84,3 miljoen gedaal weens die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys.

Die bank voer aan Potgieter moes geweet het toe hy Investec om die lenings genader het dat die geouditeerde jaarstate nie ’n week later uitgereik gaan word nie en dat Jooste gaan bedank.

“Investec glo die feite is doelbewus verswyg deur Mayfair en Ruby Street en hul verteenwoordigers Jooste, Potgieter en Van der Merwe,” lui die hofstukke.

Van der Merwe het in reaksie op vrae van Netwerk24 oor die inligting in die hofstukke einde Januarie gesê: “In daardie stadium het ek geen kennis gedra van Markus se persoonlike posisie of die feit dat hy kort daarna as uitvoerende hoof van Steinhoff sou bedank nie.

“Ek het op 6 Desember 2017 van Markus se bedanking uitgevind.”

Volgens hom het Ruby Street vir Investec genader toe hy bewus geword het van die hofaansoek teen hom en is met die bank geskik.

Hy het gesê hy is steeds ’n kliënt van Investec en te kenne gegee dit toon hy het nie inligting aan hulle verswyg nie.

Heather Sonn, waarnemende voorsitter van Steinhoff, het onlangs by die jaarvergadering gesê almal wat nou direkteursposte het, is deur die forensiese ondersoekspan van PwC ondersoek en die inligting toon hulle word nie by enige wandade betrek nie. Sy en die direksie het gesê as enige direkteur betrek word, sal hy of sy dadelik bedank. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A