Feedmaster se Namib Laboratories doen nou Covid-toetse
Die voermaatskappy Feedmaster se laboratorium wat in 2018 opgerig is om diagnostiese mikrobiologiese-, serologiese- en polimerase-kettingreaksie (PCR)-toetse vir die Namib Meulens-groep van maatskappye te doen, is deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geakkrediteer om vir Covid-19 te toets.
Feedmaster sê in 'n verklaring een van die vertrekke by Namib Laboratories is omgeskakel in 'n ten volle funksionerende PCR-laboratorium om die ministerie te help om monsters wat by mense geneem is wat vermoedelik die virus onder lede het, te toets.
Ten minste 94 toetse kan per dag gedoen word en mense kan binne 24 uur die uitslag hê.
Die voermaatskappy sê hoewel 'n rede vir die omskakeling was om sy eie personeel en die van sy sustermaatskappye te toets, is dit 'n eer om die ministerie met hierdie taak te help.
Me. Mary Mataranyika van die ministerie en dr. Susanne Beard van die Sentrum vir Siektebeheer (CDC) het hulp verleen om seker te maak die toetse word reg en volgens die voorgeskrewe standaard gedoen.
Foto: Mnr. Benoit Schrywer, mikrobioloog en me. Lucille Dausab, sy junior, aan die werk in die laboratorium.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie