Fees van Europese rolprente

Sanet de Waal
Die Europese Rolprentfees skop Maandag in Windhoek af met verskeie bekroonde rolprente wat buiten in die hoofstad ook in Swakopmund vertoon gaan word. Die fees maak sy buiging in Windhoek vanaf 28 Oktober tot 3 November by Ster Kinekor by die Maerua-inkoopsentrum en in Swakopmund vanaf 4 tot 9 November by die Atlanta Cinema. Die rolprente begin om 19:00 te draai en toegang is gratis.

Die rolprentfees bied ’n diverse keuse van bekroonde Europese rolprente wat deur die Europese Unie (EU) en lidlande gekies is. Dit sluit in King of the Belgians, The Boy Who Harnessed the Wind, Veve, Tom of Finland, Saint George, The Apostle en Bloody Milk. Die rolprente beweeg weg van hoofstroomverhale na ’n meer diverse en unieke benadering tot storievertelling.

Die doel van die fees is om die uniekheid en diversiteit van kulture, lewens en die wêreld deur middel van verskillende genres en onderwerpe te vertel. Kulturele samewerking vorm ’n belangrike deel van die EU se diplomatieke verhoudinge en wat fokus op die bevordering van dialoog en ’n beter begrip binne en tussen gemeenskappe.

Volgens die EU het die Europese Kommissie ’n dienskontrak bekend gestel wat die skep en verbetering van die kwaliteit van die Europese Rolprentfees deur afvaardigings van die EU wêreldwyd ondersteun. Die projek word ondersteun deur ’n konsortium wat die Goethe-Institut, Institute Français en Cineuropa, die poort vir die bevordering van Europese teater, insluit. Die EU se afvaardiging in Namibië het reeds verlede jaar toegang tot hierdie ondersteuning gehad om vir vanjaar se fees voor te berei. Volgens die afvaardiging het die projek gehelp om die nie-kommersiële vertoningsregte asook die rolprente te bekom, die rolprentfees te bemark en ook saam met plaaslike rolspelers te werk. In die verband sal ’n reeks werkwinkels vanaf 28 tot 31 Oktober aangebied word waartydens Europese rolprentkenners opleiding sal aanbied oor die verskeie aspekte van ’n rolprent se waardeketting. Die fokus sal op gebiede wees wat in noue samewerking met die Namibiese Filmkommissie gekies is. Die doel is om plaaslike kapasiteit en die plaaslike rolprentbedryf te versterk. Vir meer inligting oor die rolprentfees en die werkwinkels kan Susan-Marie Lewis by (061) 202 6247 of per e-pos by [email protected] gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!