Fees van flieks

Lloyd Zandberg
kykNET se Silwerskermfees bied voornemende fliekmakers jaarliks die geleentheid om hul tande in die medium van kortflieks te slyp.

Vanjaar is geen uitsondering nie.

Dis byna weer tyd vir die media en die Suid-Afrikaanse fliekbedryf om vir dié jaarlikse glansgeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad, bymekaar te kom.

Die fees vind van 21 tot 24 Augustus plaas.

Die fees is al sedert 2010 die toonaangewende plek vir die bekendstelling van nuwe flieks en invloedrykes in die bedryf.

Die publiek het ook die geleentheid om eksklusiewe vertonings by The Theatre on the Bay in Kampsbaai te kyk.

’n Beperkte aantal kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Daar is ook ‘n spesiale voorskou van Fiela se kind by die Labia-teater in Kaapstad. Kaartjies hiervoor is by die Labia te koop.

By The Theatre on the Bay kry die publiek die geleentheid om ook die kortflieks te kyk wat by die Silwerskermfees vertoon word.

Kollig se redakteur het vanjaar die voorreg om die negende kykNET Silwerskermfees in Kaapstad by te woon.

Hou Kollig en Republikein se aanlyn ontbytprogram, Kletskompas, vir die jongte nuus oor die fees dop.

Speelfilms wat vanjaar vir die kykNET Silwerskermfees-toekennings in aanmerking kom, is:

Fiela se kind

Flatland

Griekwastad

Poppie Nongena

Racheltjie de Beer

Toorbos

Kortflieks in kompetisie is:

Binnelandse Sake

Die begrafnis

Gebles

Hoe om ’n perd te teken

Janneman

Lakens

Miemie

Die gelykenis

Oedipus: Die musical

Rooilug

Sussie

Swaaibraai

Van nasionale belang

Vinnie + Olga

Digitale web-episodes wat te sien is, is:

Afrikaans 101

Deur die blare

Fliektyd

Groener

Ander flieks wat te sien is, sluit in:

Bestaande films:

Exorcist of Apartheid

Far from the Castle

Porselein

Dokumentêre flieks:

Billy Monk – A Shot in the Dark

Buddha in Africa

Dalene

Goldblatt

Liyana

Sisters of the Wilderness

Skeef

Stroop

The Colour of Wine

The Fun’s Not Over

The Space: Theatre of Survival

Whispering Truth to Power

Speelfilms wat nie meeding nie:

Bhai’s Café

Freedom

Knuckle City

– Netwerk24 en eie beriggewig

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!