#Feesmustfall: Onluste in SA duur voort
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het gister weer probeer om sy akademiese program te hervat.
Talle nuusmedia het gisteroggend berig oor die tonele van geweldpleging in Braamfontein, waar betogende studente ’n bus na bewering gekaap en aan die brand gesteek het.
Meer as die helfte van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se lesings het Maandag te midde van die ontwrigting van klasse, rubberkoeëls, traanrook, skokgranate, waterkanonne en klipgooiery op die kampus voortgegaan.
Gister het Wits weer probeer om die universiteit se voorneme om die akademiese program vir 2016 klaar te maak, gestand te doen.
Volgens ’n mediaverklaring van Wits se uitvoerende bestuur, het lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiehoof, gesê die polisie het opdrag gekry om enigiemand wat hom of haar aan ’n misdaad skuldig maak, in hegtenis te neem.
Maties uit klasse verjaag
• EWN berig die Universiteit Stellenbosch sou gister ook sy deure oophou.
Die Universiteit van Kaapstad het Maandag bekend gemaak dat sy deure gister gesluit sou bly.
Betogers het Maandag op die Matie-kampus brandblussers in lesinglokale geaktiveer om die studente uit te jaag.
Die polisie het skokgranate en traanrook gevuur om die protes in bedwang te bring en vier betogers is in hegtenis geneem.
Die EFF in Gauteng het in ’n verklaring ’n beroep op sy lede gedoen om solidariteit te toon met stakende studente op verskeie kampusse, onder meer by die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Johannesburg en Wits.
Die EFF Student Command (EFFSC) het gesê hy sal seker maak alle instellings van hoër onderwys in Tshwane sal gesluit bly, het News24 berig.
Mpho Morolane, leier van die EFFSC, sê die UP gaan toe bly.
Die EFF dreig ook om die Tswane-Universiteit van Tegnologie te sluit indien dit vandag sy deure heropen.
Tuks Woensdag dalk oop
Prof. Cheryl de la Rey, visekanselier van UP, het in ’n verklaring gesê die universiteit sou, in die lig van ’n groter bedreiging van geweld landwyd en in die belang van die veiligheid van hul studente en personeel, nie gister met sy akademiese program voortgaan nie.
Die UP beoog wel om vandag met sy program voort te gaan, en sê hy sal studente op die hoogte hou van gebeure.
Luidens die verklaring werk die universiteit aan alternatiewe planne om seker te maak dat studente wel vanjaar hul akademiese program voltooi.
By die Universiteit van KwaZulu-Natal het betogings Maandag tot in die nag aangehou.
Betogers en die polisie was op die kampusse in Pietermaritzburg en Durban in gewelddadige botsings betrokke.
Die polisie het met rubberkoeëls losgebrand en die studente het klippe en bottels gegooi. Dit is nie duidelik of UKZN gister sou oop wees nie.
News24 berig dat die Universiteit van die Vrystaat aangedui het dat die akademiese program gister op al drie sy kampusse sou voortgaan. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie