Feesseisoen is meer as twee keer gevaarliker
Feesseisoen is meer as twee keer gevaarliker

Feesseisoen is meer as twee keer gevaarliker

Mandy Rittmann
JOHN SAUNDERSON VAN OTJIWARONGO SKRYF:

Dit is 'n lank gekoesterde persepsie dat vervoerders van passasiers in Namibië roekelose en nalatige padgebruikers is.

Geen statistiek bestaan oor ongelukke en hoe dit verband hou met sterftes op die nasionale padnetwerk nie om die aanname te staaf nie. Wanneer 'n groot bus of minibus in 'n ongeluk betrokke is, haal dit natuurlik landwyd die nuushooftrekke. Daar is 'n rede hiervoor.

Soos in vliegtuigongelukke en lugrampe is die lewensverlies in sulke ongelukkige voorvalle groot en soms is daar min of enige oorlewendes. Noodlottige ongelukke in die geval van busvervoer eis meer lewens as wanneer net 'n passasiersvoertuig/e betrokke is.

'n Onlangse voorbeeld is die ongeluk wat op 7 Oktober 2018 buite Otjiwarongo plaasgevind het. Sewe mense het in die ongeluk gesterf.

Indien ons as 'n land jaarliks sowat 310 lewens in ongelukke verloor, luidens die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) se verslag vir 2017, en sewe persone sterf in 'n ongeluk waarin 'n bus betrokke is, kan ernstige stappe gedoen word om lewens te red. Nie alle antwoorde lê in die talle programme en veldtogte wat jaarliks uitgerol word en honderde miljoene dollar kos nie. Sterftes neem steeds toe. Na my mening kan ons as 'n land baie meer met veel minder vermag.

Regulasies, infrastruktuur en bedryfstelsels in die openbare vervoersektor toon 'n geleentheid om deur middel van veranderinge padsterftes te verminder. Op die manier kan ons drasties Namibië se posisie verbeter as een van die lande met die gevaarlikste paaie ter wêreld.

Met die feesseisoen op ons drumpel sal dit ook goed wees om die volgende met die publiek te deel.

Gedurende die feestyd (November tot Januarie) sterf sowat 130 mense op ons paaie. Die ander sowat 180 sterftes vind tydens die oorblywende nege maande plaas.

Die kans op 'n noodlottige ongeluk neem tydens hierdie drie maande tot 7,6% toe in vergelyking met die gemiddelde, jaarlikse risiko van 3,15%. Die tempo van noodlottige ongelukke verhoog dus meer as twee keer. Is dit nie skrikwekkend nie?

Elke verlore lewe kos ons land ongeveer N$300 000. Ek is seker alleen die emosionele koste daarvan om iemand in 'n ongeluk aan die dood af te staan, beloop baie meer as dit en niemand wil hul tyd en 'n verwagte lewe vir enige bedrag geld verruil nie.

(Saunderson is 'n vervoerekonoom.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!