Feeste in die Weste
Feeste in die Weste

Feeste in die Weste

Kort voor lank is dit weer tyd vir die Omaruru Kunstefees wat gaan spog met die beste vermaak.
Des Erasmus
Des Erasmus



Onder 'n helder sterrehemel van 'n Augustusnag en op die skoon bedding van die Omarururivier gaan “Ave Maria” opklink soos nog nooit in Namibië nie. Dis ook die plek waar die musiek van wyle Freddy Mercury die volgende aand gaan dwaal, selfs melodieë wat vir Mercury geskryf was, maar nooit voor sy dood self deur hom aangebied is nie.

Die geleenthede gaan twee van die hoogtepunte wees wanneer Omaruru se Kunstefees vanjaar op 30 en 31 Augustus en op 1 September aan­gebied gaan word.

Die besoekende kunstenaars uit Suid-Afrika is die gevierde Corlea Botha (31 Augustus) en Joseph Clark (1 September) met die musiek van Queen.

Konserte onder die sterre noem die organiseerders van die Kunstefees die musikale dubbeldoor op twee agtereenvolgende aande.

Die gevierde Corlea Botha gaan met begeleiding deur Johan Kelber en die Con Spirito-orkes optree met vertolkings van onder meer “All by myself”, “The first time I saw your face”, “Ave Maria” en “Live for the one I love”.

Nog 'n ingevoerde verhoogkunstenaar uit Suid-Afrika is Altus Theart, hier te lande bekend vir sy rol as Fafa in die TV-sepie Getroud met Rugby. Sy ­teateraanbieding (31 Augustus) staan onder die opskrif: Hoe 'n man se kop werk.

Theart gaan ook tydens die dinee aan die langtafel as amptelike opening van die Kunstefees optree.

Die byeenkoms vaar nou onder die vaandel van Omaruru Kunstefees as 'n verlengstuk van die ou Omaruru Kunsroete.

Corlea Botha is 'n boorling van Delmas in Suid-Afrika. Haar eerste verhoogoptrede was reeds as sewejarige in 'n aanbieding van La Bohème in Pretoria se staatsteater. In dieselfde jaar het sy as Gretl, die jongste van die Von Trapp-dogters, in 'n aanbieding van The Sound of Music opgetree. In 2004 het sy haar eerste gospelalbum vry­gestel.

Op die gebied van musiek het Corlea 'n Suid-Afrikaanse uitvoerproduk geword met optredes saam met Italië se superster Patrizio Buanne en België se Dana Winner.

Met die Musiek van Queen gaan Joseph Clark op 1 September die werk van die gevierde Freddy Mercury na 'n hoër vlak voer.

Van die komposisies wat vir Mercury bedoel was, is weens die dood nooit deur homself na die verhoog gebring nie.

Joseph en sy orkes se Musiek van Queen het hulle reeds op 'n toer deur die Nederlande en België gebring. Van sy optredes sluit in “We will rock you”, “Another one bites the dust”, “We are the champions”, “I want to break free”, “Killer Queen”, “Fat bottomed girls”, “Bicycle race”, “Innuendo” en “Bohemian Rhapsody”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!