Feestyd: Minder ongelukke en sterftes, meer verkragtings
Feestyd: Minder ongelukke en sterftes, meer verkragtings

Feestyd: Minder ongelukke en sterftes, meer verkragtings

Gedurende die feesseisoen het 571 mense die Covid-19-maatreëls oortree.
Tanja Bause
Die Namibiese polisie het die misdaadstatistieke vir die feesseisoen vir die tydperk vanaf 27 November 2020 tot Januarie 2021 bekend gemaak.

Gedurende dié tydperk is 1 332 sake van ernstige misdaad by die polisie aangemeld en 591 verdagtes is in hegtenis geneem. Dit, teenoor die tydperk vanaf 17 November 2019 tot 17 Januarie 2020 waartydens 1 154 sake aangemeld en 484 verdagtes gearresteer is.

Altesaam 151 verkragtingsake is in die 2020-’21-tydperk aangemeld waarvan 87 slagoffers minderjarig was. Agt-en-tagtig verdagtes is vir dié misdade in hegtenis geneem.

Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar is 148 verkragtingsake aangemeld en 83 mense is in hegtenis geneem.

Altesaam 471 ongelukke is landswyd aangemeld met 84 sterftes en 866 mense wat beseer is. Dit is ’n 14% afname in ongelukke en ’n 15% afname in beserings en sterftes teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.

Die Khomasstreek het met 102 die hoogste ongeluksyfer aangemeld met die Oshanastreek in die tweede plek met 63 ongelukke. Die Otjozondjupastreek het met 18 sterftes in 54 ongelukke die meeste sterftes aangemeld.

Ernstige misdaad soos moord het met 4% afgeneem en poging tot moord met 33%.

Strafbare manslag, gewapende roof, geslagsgebaseerde geweld, veediefstal en die besit van beskermde wildprodukte het ook afgeneem.

Gedurende die feesseisoen het 571 mense die Covid-19-maatreëls oortree. Altesaam 207 sake was vir die oortreding van openbare vergaderings. Uit die 571 het 105 boetes betaal, 62 is op borgtog vrygelaat en 40 het waarskuwings ontvang.

Altesaam 109 het die aandklokreël verontagsaam en die meeste het skuld beken en ’n boete betaal.

Vir die oortreding van die regulasie op die verkoop van alkohol is 234 sake landswyd aangemeld.

Honderd-en-een mense is in hegtenis geneem en is tans op borgtog, 55 kroegmanne het waarskuwings ontvang, omdat hulle later as die voorgeskrewe tye handelgedryf het. Altesame 78 kroeë en sjebeens is gesluit, omdat hulle nie lisensies gehad het om alkohol te verkoop nie.

Die polisie het 7 084 dagvaardings na lukrake blaastoetse uitgereik in vergelyking met die 12 782 in die 2019-’20-seisoen. In totaal is N$7 897 325 aan erkenning van skuld betaal teenoor N$13 751 224 die vorige jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!