Feite en denke oor donkies (Deel 1)
POITOU SKRYF:
Die wyse waarop die Chinese ons en ander lande se donkies teiken, het gemaak dat ek na ons nederige donkie, wat so vanselfsprekend aanvaar word, kyk.
Maar eers: Namibiërs moet sonder enige twyfel baie goed besef: Met al die mooi stories wat hulle mee gaan kom, gee die Chinese nie enigsins om vir Namibiërs of Namibië se donkies nie. Hulle het net een doel en dis om die velle in die hande te kry en wanneer hulle Namibië kaal geplunder het, verdwyn hulle en Namibië sit sonder donkies, met 'n leë slagpale en die kamtige “inkomste/ekonomie” bly net leë woorde.
Vandag steun ek op die Bybel om ons donkies se saak te stel.
“Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang. Wie hom nie laat teregwys nie, is 'n dom mens”
“'n Mens word geprys vir sy insig en uitgelag as hy nie verstandig dink nie.”
“'n Regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.”
As mnr. Hindjou en die munisipale raad van Okahandja hard en duidelik “nee” sê vir die Chinese, wys hulle dat hulle nie omkoopbaar is nie en meer belangrik nog, laat verstaan hulle die Chinese duidelik Namibiërs val nie vir alle mooi praatjies nie.
Dis nie net vir Okahandja nie, maar ook die slagpale vir Outjo.
Volgens die berig van 23 Maart behoort Erf 780 aan First Wall Investment en volgens die berig van 20 September aan Everlasting Iron Sheet Investment – hoe dan nou?
Die mense het hulle eie donkies omtrent heel uitgeroei vir 'n verouderde kuur – hulle kan gelatine op baie ander maniere bekom.
China was eens op 'n tyd gereken as die land met die meeste donkies in die wêreld.
Die berigte in Republikein van 20 September en 21 September gee vir ons hoop dat mnr. Hindjou en sy raad minstens geluister het en dat hulle kennis geneem het, soos die mens wat hom laat leer en iemand met insig respekteer en prys.
Dit is nie net hulle wat moes luister en leer by Alex Meyers nie. Ons ander kan ook luister en soos wyser, meer ingeligte mense optree.
DONKIEFEITE
Donkies is afstammelinge van Afrika se wildedonkie.
Donkies is omtrent 3 000 jaar gelede mak gemaak, moontlik in Egipte of in Mesopotamië.
Die donkie word al vir meer as
5 000 jaar as werksdiere/pakdiere gebruik. Donkies en mense het 'n spesiale verhouding.
In lande waar donkies goed behandel word, kan donkies tussen 30 en 50 jaar oud word.
In lande wat minder ontwikkeld is en die diere hard werk, word hulle ongeveer 15 jaar oud.
Donkies is nie alleenlopers nie, hulle is tropdiere. As daar nie ander donkies is nie, is hulle tevrede om met bokke of skape saam te leef (en word dan eintlik die kleinvee se beskermers).
Donkies is baie stewiger op hulle bene as perde en kan oor ruwe terrein beweeg, al dra hulle ook swaar vrag.
Wanneer donkies balk in oop areas kan hulle maklik 'n ander donkie kilometers ver hoor – weens hulle groot ore. Hulle ore hou hulle koel in hitte en woestynomstandighede.
As daar 'n trop donkies is, is daar 'n leier. Die leier sal gevaar soos 'n roofdier besig hou sodat die res van die trop kan wegkom.
Donkies skrik nie so maklik soos perde nie. Al is hulle versigtig, is hulle ook nuuskierig.
Donkies kan gebruik word om 'n kalmerende effek op senuweeagtige perde te hê.
Donkies hou nie van reën nie, want hulle hare is nie waterdig nie en as hulle vir lang periodes nat moet wees, ly hulle gesondheid daaronder.
Donkies verbruik 95% van die kos wat hulle eet. Omdat hulle eintlik woestyndiere is, mors hulle nie kos nie.
Donkies is herbivore, maar herkou nie.
Donkies hou van skoon, vars water.
Donkies se verteringstelsel kan omtrent die mees oneetbare kos afbreek en daarby die vog daaruit trek om hulself te hidreer.
Donkies verdedig hulself deur te byt en te skop en te kap met hulle pote.
Donkies hou daarvan om in die stof te rol.
Donkiemerries se dratyd is normaalweg 12 maande. Hul gee gewoonlik geboorte aan net een vulletjie. Vergelyk dit met beeste.
Die mens se optrede maak dat dit tyd neem vir donkies om die mens te vertrou. In ander lande is donkies ook troeteldiere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie