Feite en denke oor donkies (Deel 2)
Feite en denke oor donkies (Deel 2)

Feite en denke oor donkies (Deel 2)

Dani Booysen
POITOU SKRYF:

Mense het stereotipe donkiedenke.

Ons dink donkies is dom, maar het julle geweet donkies kan plekke en ander donkies vir 25 jaar lank onthou?

Donkies het die vermoë om situasies te evalueer en is intelligente diere.

Donkies is hardkoppig/steeks. 'n Donkie sal nie iets doen as hy nie seker is dit is veilig nie.

'n Donkie het 'n aanvoeling vir gevaar. Ons kan maak wat ons wil, die donkie steek vas.

Nou het die donkies ons nodig om vas te staan en om vir hulle te praat teen die Chinese.



DONKIES IN DIE BYBEL

Donkies het die eer om een van die vroegste en mees genoemde diere in die Bybel te wees.

Abraham het 'n donkie gery (Genesis 22:3).

Jakob het vir Esau “20 donkie merries en 10 hingste” gestuur (Genesis 32:15).

Josef se broers het ook op donkies na Egipte gereis om kos te koop (Genesis 42:27-27). Onthou julle die geld bo in die sak?

Toe Moses teruggegaan het na Egipte het sy vrou en kinders op 'n donkie gery (Eksodus 4:5).

In Eksodus 20 stel die Tien Gebooie dit baie duidelik dat jy nie iemand se donkie mag begeer nie.

Bileam se donkie het gevaar gesien, terwyl Bileam geskel en geslaan het. Die donkie se “steeksheid” het Bileam se lewe gered (Numeri 22: 21-3).

“Wat het ek jou aangedoen dat jy my nou al 3 keer geslaan het?”

“Is ek nie die donkie waarop jy nog altyd gery het nie. Maak ek altyd so met jou?”

Dis soos Petrus gesê het: “'n Stom rydier het met die stem van 'n mens gepraat en 'n einde gemaak aan die onsinnige optrede van die profeet.”

Jaïr het 30 seuns gehad (liewer hy as ek!) en elk het op 'n jong donkie gery (Rigters 10:4).

In Job 39 lees ons: “Wie gee aan die wildedonkie sy vryheid en laat hom ongebonde vryloop? Ek het vir hom die oop veld gegee om in te bly, die brakbossies om in te wei. Hy bekommer hom nie oor die gewoel in die stad nie, hy hoef nie te luister na die geskreeu van 'n drywer nie. Hy deurkruis die berge vir weiding, hy snuffel elke groen spruitjie uit”.

En dan weet ons almal dat Jesus op 'n donkie Jerusalem ingery het, nie op 'n perd nie, maar 'n vaal ou donkietjie.

Hoe die donkie die kruis op sy rug gekry het?

Daar is die storie dat die donkie ook by die kruisiging was en dat die donkie die pyn van Jesus nie langer kon aanskou nie, en sy rug op die kruis gedraai het. Op daardie oomblik het die son die skaduwee van die kruis op die donkie se rug laat val en daarom het donkies 'n kruis op die rug.

Dit is vir ons om toe te sien dat ons donkies, al is hulle nie wilde donkies nie, die oop veld sal bly bewoon in Namibië. Ons donkies moet deel van ons lewe bly en nie prentjies in 'n boek word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!