Fergie, prins Philip langs mekaar op troufoto
Arlene Prinsloo – Krapperigheid of te nie, op koninklike geleenthede maak persoonlike gevoelens nie saak nie en “The Firm” doen sake!
Dís duidelik te sien op prinses Eugenie en Jack Brooksbank se amptelike troufoto’s, waar prins Philip en Sarah, hertogin van York, sonder ’n sweempie van misnoeë langs mekaar op ’n foto verskyn.
Die bejaarde prins sit gemaklik op ’n stoel langs koningin Elizabeth en langs hom staan Sarah, oftewel Fergie, wat van oor tot oor glimlag.
Die 97-jarige prins se gevoelens oor sy gewese skoondogter is welbekend. Hy voel sy het die koningshuis in oneer gebring met haar eskapades dekades gelê toe sy en haar destydse minnaar en finansiële raadgewer, John Bryan, betrap is waar hy haar tone langs ’n swembad suig. Dié paparazzi-foto’s was die doodskoot vir Fergie en prins Andrew se huwelik. Hulle is in 1992 geskei.
Die paartjie het sedert hul egskeiding goeie vriende gebly, saam ’n ski-lodge in Switserland gekoop en deel steeds ’n huis Royal Lodge in Windsor Great Park, waar Eugenie en Jack se groot opskop ná die troue in die St. George-kapel gehou is. ’n Tweede partytjie is ook Saterdagaand gehou. Van die gaste, soos die sanger Robbie Williams, het foto’s gedeel op Instagram van wat hulle na die verskillende partytjies aangehad het. Op Vrydagaand se onthaal het Andrew die staaltjie vertel van hoe hy die gesin se hond, ook genaamd Jack, van ’n stoel afgejaag het. Jack die hond bly lê en Jack, sy nuwe skoonseun, het opgespring. Hy het ook tydens sy toespraak sy nuwe skoonseun omhels. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie