• Tuisblad
  • Sake
  • Ferrero kry Nestlé VSA se lekkergoed vir US$2,8 miljard
Ferrero kry Nestlu00e9 VSA se lekkergoed vir US$2,8 miljard
Ferrero kry Nestlu00e9 VSA se lekkergoed vir US$2,8 miljard

Ferrero kry Nestlé VSA se lekkergoed vir US$2,8 miljard

Die Italiaanse lekkergoedvervaardiger Ferrero het as wenner uit die stryd getree om Nestlè VSA se lekkergoedafdeling te bekom.

Die Switserse maat­skappy verkoop dié afdeling vir US$2,8 miljard aan die vervaardiger van die sjokoladesmeer Nutella, Ferrero Rocher en Kinder.

Nestlé het voorheen gesê hy wil op gesonder kos en kategorieë fokus waarvan die mark vinniger groei toon soos koffie, troeteldierkos en gebottelde water. Dit is deels omdat daar glo 'n kleiner aanvraag is na produkte wat baie suiker bevat.

“Ons toewyding om in die VSA te belê is net so groot as ooit tevore,” sê Paul Grimwood, hoof van Nestlé in die VSA.

Nestlé sê hy bly “ten volle verbind” tot sy sjokoladeafdelings in die res van die wêreld, insluitende Suid-­Afrika.

Ferrero plaas al hoe meer fokus op die Amerikaanse mark.

Dié groep het eers onlangs die Amerikaanse mark betree toe hy die Ferrara Candy Company in 2017 vir sowat US$1 miljard bekom het.

Hershey – 'n Amerikaanse maatskappy wat onder meer Cad­bury-sjokolade in Amerika maak – was die ander maatskappy wat met Ferrero om Nestlé se lekkergoedafdeling meeding. Hy bemark Nestlé se bekende KitKat in dié land.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!