Fidji ook Blitsbokke se tier
Nadat Kenia die Bokke verniel het, het Fidji hulle ook getem
Marnus Kok
Suid-Afrika se sewesspan moes gister met die 10de plek by die Hamilton-sewestoernooi tevrede wees nadat Fidji hom ook bloedneus geslaan het.
Die Fidjiane het die uitspeelstryd om die negende plek met 12-5 gewen.
Veral in die eerste helfte was daar tekens dat die Blitsbokke die wingerdgriep afgeskud het wat hulle die naweek in Nieu-Seeland bloots gery het.
Dit was 'n lekkerte om te sien hoe Angelo Davids onder die Fidjiane uitseil om te gaan druk. Of daardie klein towenaar Selvyn Davids wat gate in Fidji se verdediging vind en op volle vaart aanval.
Daar was egter 'n hanteerfout of twee en meer as een fout in die lynstane. Waar die Blitsbokke se verdediging aanvanklik goed was, was dit teen die einde weer te effentjies.
Kortom, lastige dinge wat onnodige sooibrand vroeg op 'n Sondagoggend veroorsaak het.
Die effense ongehoorde situasie dat twee van die voorste sewespanne ter wêreld uitspeel om die negende plek, is veroorsaak deur die feit dat albei 'n goor naweek agter die rug het.
Suid-Afrika het derde in Groep B klaargemaak, nadat hy eers teen Engeland en toe Kenia verloor het. Die Fidjiane was derde in Groep D, nadat hulle teen Argentinië verloor het.
Die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het vyf veranderinge aan die beginspan aangebring vir die wedstryd teen Fidji, met slegs JC Pretorius en Stedman Gans wat weer in die opdrafspan was.
Puntemakers: Fidji 12 (0): Drieë: Napolioni Bolaca, Kavekini Tabu. Doelskop: Kavekini Tabu. Suid-Afrika 5 (5): Drie: Angelo Davids.
Kenia teen Suid-Afrika
Skaars twee dae gelede was die Blitsbokke nog 'n aanspraakmaker om die Hamilton-sewestoernooi te wen, maar gister het Kenia Suid-Afrika sy tweede nederlaag van die naweek besorg.
Kenia het ses drieë gedruk om die Blitsbokke gemaklik met 36-14 in hul laaste groepwedstryd by die toernooi in Nieu-Seeland te klop. Dit beteken dat Suid-Afrika derde in Groep B klaarmaak.
Die Blitsbokke het lusteloos en onbeholpe teen Kenia gelyk, nadat hulle Saterdag ook teen Engeland verloor het. Dinge het sommer vroeg skeefgeloop toe Cecil Afrika hom 'n geelkaart op die lyf geloop het, nadat hy onkant was met Kenia sterk op die aanval.
Die Keniane het drie vinnige drieë gedruk om kort voor rustyd met 19-0 voor te loop. Muller du Plessis het darem voor die waterbreuk deurgedraf vir die Blitsbokke om slegs met 7-19 agter te loop ná die eerste helfte.
Maar skaars het spel hervat, of Kenia het weer gedruk. Dit nadat die Keniane 'n bal opgepik het by 'n losgemaal.
Suid-Afrika het hom vasgeloop teen 'n Kenia wat nie geskroom het om die Blitsbokke fisiek aan te vat nie.
Die Keniane het balle onderskep, balle opgepik wat rondgelê het en gelyk soos 'n span wat oorloop van selfvertroue.
Die Blitsbokke daarenteen het sonder plan en visie gelyk.
Puntemakers: Kenia 36 (19): Drieë: Willy Ambaka, Geofrey Okwach, Collins Injera, Jeff Oluoch, Alvin Otieno, Vincent Onyala. Doelskoppe: Johnstone Olindi (2), Daniel Taabu. Suid-Afrika 14 (7): Drieë: Muller du Plessis, Zain Davids. Doelskoppe: Branco du Preez, Selvyn Davids.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie