‘Fiela’ kom groet Namibiërs

Lloyd Zandberg
Die tweede fliek gebaseer op die legendariese skrywer Dalene Matthee se roman Fiela se Kind maak op 6 September sy debuut in Namibië.

Die verhoogaktrise en sanger Zenobia Kloppers, wat in Khomasdal grootgeword het en die hoofrol speel, vlieg spesiaal hoofstad toe hiervoor.

Die roman is in 1985 gepubliseer en speel in Suid-Afrika in die 1880’s af.

Dit vertel die verhaal van Fiela Komoetie, ’n hardwerkende bruin vrou wat in die verdorde Karoo woon en ’n wit kind inneem wat agtergelaat is. Sy maak hom as haar eie groot.

Nege jaar later word Benjamin uit haar sorg verwyder en gedwing om in die Knysnawoud te gaan woon by ’n houtkappergesin wat beweer hy hoort by hulle.

Fiela en Benjamin bring die volgende dekade deur om mekaar te probeer vind.

Brett Michael Innes van Nostalgia Productions het die boek vir verfilming aangepas en die regie behartig. Die fliek is in die Knysnawoud en die Karoo geskiet met Tom Marais wat die filmkuns behartig het.

Die fliek is deur Danie Bester van The Film Factory en Innes vervaardig en word deur Filmfinity (Edms) Bpk uitgereik.

Dit sal van 13 September af in flieks te sien wees.

“Die storie van Fiela is hartverskeurend en treffend,” sê Bester.

“Die roman het ’n spesiale plek in baie Suid-Afrikaners en Namibiërs se harte en, hoewel dit in 1985 geskryf is, glo ons dit bevat temas wat vandag steeds tot ons spreek.”

Kloppers, wat dié rol in ’n verhoogproduksie in 2007 vertolk het, sê dit was ’n groot eer om Fiela te speel.

“Fiela het ’n manier om selfs die hardste harte te laat smelt en haar reis is een wat ons almal daaraan herinner om beter mense te wees.”

Die première wys volgende Vrydag om 19:00 vir 20:00 in The Grove Mall of Namibia se Ster Kinekor-teater.

Kaartjies vir die geleentheid kos N$150 elk en kan by Jonathan Sam (081 128 0599) en Clement Kloppers (081 635 2781) bespreek word.

Die opbrengs hiervan sal aan die Grace Welfare Project geskenk word.

Dié projek verskaf minderbevoorregtes van onder meer kos en gesondheidsdienste.

Kloppers se vliegkaartjie is deur Air Namibia geborg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!