Fietse vir polisie
Fietse vir polisie

Fietse vir polisie

Tanja Bause
Die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek het onlangs fietse van die Ohorongo Otavi Community Trust (OOCT), met die ondersteuning van Cymot, ontvang. Die fietse sal in die stryd teen misdaad in die streek gebruik word. Adj. komm. Moses Khairabeb het die 12 fietse ter waarde van N$20 000 in ontvangs geneem. “Die fietse sal gebruik word om straatpatrollies in Otavi en Otjiwarongo uit te voer. Hulle sal ook vir die polisie handig te pas kom in plekke wat moeilik met voertuie bereik kan word. Elke polisiestasie sal ses fietse ontvang,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer