Fietsflater versprei soos veldbrand
Henriette Lamprecht - Dit het so vinnig en so flink soos kopluise in ‘n koshuis versprei. Dié video, waarin ‘n (aanvanklik) trotse ma haar dogter met haar selfoon afneem terwyl sy ‘n draai met haar fiets op ‘n rugbyveld ry, die doelpale aanvanklik in die agtergrond.
Ma se trots eindig egter sekondes later in totale moedelose verslaentheid en frustrasie met ‘n “my f*k, Marelize” toe haar dogter, met die hele rugbyveld en omtrekke wat braak lê, met haar fiets teen die einste doelpaal opeindig.
Dié video is op Twitter, Facebook, Reddit en WhatsApp gedeel en het selfs ‘n draai in die Suid-Afrikaanse media gemaak.
Dit is op die Windhoek Afrikaanse Privaatskool se AffiesPark, in Pionierspark, verfilm, maar die skool sê die meisie in die video is nie een van hul leerlinge nie.
“Ons het gaan soek na ‘n Marelize, maar kon haar nie by ons kry nie. Dit was seker maar net ‘n ma en dogter wat besluit het AffiesPark is naby genoeg.”
Soos die videoveldbrand versprei het, het die stories oor moedelose mamma en moedige Marelize ook stertjies en stories bygekry.
Een was dat Marelize op pad was om in die buiteland te gaan kinders oppas in ‘n land waar fietsry die algemeen aanvaarbare modus van vervoer is.
Die doel van die fietsoefening was glo om vir Marelize fietswys te kry voor sy ‘n wêreldstad se verkeer op twee wiele moes aandurf.
Of Marelize enigsins wyser en minder voos nou suksesvol in die buiteland trap, is egter ‘n ope vraag.
Anne Hirsch, een van Suid-Afrika se voorste stand-up komediante, het ook op die spreekwoordelike fiets geklim en die video van die moedige Marelize en moedelose mamma op Instagram gedeel met Queen se Freddy Mercury wat lustig in die agtergrond sing “I want to ride my bicycle, I want to ride it where I like”.
Netwerk24 haal die buurland se grondwetkenner, prof. Pierre de Vos, se inskrywing op Facebook by die video aan, wat die spyker vir elke kyker op die kop slaan: “Van nou af gaan ek elke keer as ek op 'n fout afkom, die woorde uiter: ‘My f*k, Marelize’.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie