Fietsryers rek die groot seisoen
Op Swakopmund word aanvaar dat die groot Desembereisoen langs die kus aanbreek wanneer die eerste deelnemer aan die uitmergelend fietswedren bekend as die Desert Dash op Swakopmund aankom. Nou wil Hentiesbaai se munisipaliteit die seisoen nog ‘n paar dae vroeër rek.
Die Dash begin in die eerste week van Desember in Windhoek en die roete voer uithouryers oor die Khomas Hochland tot op Swakopmund. Namate fietsry as sportsoort geweldig langs die sentrale kus toegeneem het, word al hoe meer byeenkomste langs die sentrale kus en in die besonder Hentiesbaai en die omgewing gehou. Op die Saterdag van die Hentiesfees gaan daar ‘n groot so ‘n byeenkoms vir fietsryers wees en in die Paasnaweek is daar ook ‘n wedren van die Hervormde Kerk op en om Hentiesbaai.
Die Hentiesbaaise Ekspo gaan van 29 November tot 2 Desember duur. Deel van die verrigtinge gaan ‘n fietswedren van Jakkalsputz op die Solitude-roete tot by die feestent in die vallei wees. Aanvoorwerk vir die wedren word reeds deur Grace !Noarises van die munisipaliteit gedoen.”Die afstand klink ‘n bietjie kort, maar eintlik gaan dit ‘n wedren wees om ‘n lekker gees tydens die ekspo aan te wakker,” sê sy.
Skakelbesonderhede: Priscilla [email protected] , tel. 064-502014, sel. 081 140 1157.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie