Fietstoer dek 415 km in vier dae
Fietstoer dek 415 km in vier dae

Fietstoer dek 415 km in vier dae

Andrew Poolman
Die Safari Den Wintertoer vir bergfietsryers begin môre aan Windhoek se westekant en eindig drie dae later op Erindi.
Die hooforganiseerder, Johan Fourie, het sy waardering uitgespreek vir die insette van Agra Safari Den, die hoofborg vir die tweede opeenvolgende jaar, sonder wie dit moeilik sou wees om so iets aan te bied.
Ander bydraende borge van die toer is Onyati Meat (Eugene) – droëwors en biltong vir die geskenkpakke en gelukstrekking verskaf; Spar Grove Mall (Jose) met geskenkpakke, CIC Holdings (Chris), Okahandja Country Hotel, Kashana Lodge en Erindi Camp Elephant wat almal gelukspryse op die spel geplaas het.
Fourie verduidelik: “Die fietstoer is daarop gerig om ryers ’n geleentheid te gee om hulself teen die elemente (koue, hitte, son en wind) te toets, asook die uitdaging wat die Khomas Hochland en sy omgewing kan bied.
“Ryers ry nie teen tyd nie en kan ry so lank hulle wil, in spanverband of as soloryers. Elkeen word ongeag vir sy/haar poging beloon. In normale wedrenne is daar net sekeres wat wen en baie maak getalle op en ry vir die plesier. Hierdie toer gee aan diesulkes die geleentheid om ook ’n wenner te wees.
“Daar is heelwat minder ryers as verlede jaar, grootliks weens die vakansiedae in hierdie week en baie mense wat met vakansie wegbreek.”
Die fietstoer sal soos volg verloop:
Dag 1: Woensdag 4 Mei – Windhoek Matchless na Gross Barmen (125 km).
Dag 2: Donderdag 5 Mei – Okahandja to Wilhelmstall (130 km).
Dag 3: Vrydag 6 Mei – Omaruru na Ai-Aiba Rock Painting Lodge en terug (100 km)
Dag 4: Saterdag 7 Mei – Omaruru na Erindi (60 km).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!