Fietstrappers seil deur drie bergpasse
Bergfietsry
Met 'n jaar propvol uitdagings het 'n klompie individue die tyd uitgekoop vir 'n baie nodige wegbreek deur aan die negende jaarlikse Three Passes bergfietsbyeenkoms deel te neem.
Dit was 'n heelwat koeler naweek in vergelyking met wat ons normaalweg in die woestyn ervaar, sê die hooforganiseerder, Johan Fourie.
Buiten die koeler temperature was ryers steeds gekonfronteer met sterk winde en die uitdaging van eindelose bulte. Elkeen het sy perke daar gestel en daarnatoe gewerk – vandaar die leuse van die toer, “Where Your Only Challenge is Yourself,” sê hy.
“Vrydag het ons begin met 'n skof van 130 km (of gedeelte daarvan), Saterdag 130 km (of gedeelte daarvan) en Sondag was die groot uitdaging die klim van Spreetshoogte se 4 km (vertikaal 450 meter). Die wind was Sondag genadeloos, maar dit het ook vir 'n heelwat koeler rit gesorg.
“Vanjaar is ons weer deur Rooisand Desert Ranch gehuisves. Axel en Yrida en hul span het weereens die groep met ongelooflike warmte ontvang en uitstekend na ons omgesien.”
Vanjaar het die deelnemers die borskankerbewusmakingsveldtog “I Love Boobies” ondersteun. “Die groep is oor die hele saak ingelig en wat dit alles behels. Die lewe is definitief nie iets wat as vanselfsprekend gesien kan word nie. Word stil en sê dankie!”
Fourie spreek sy dank uit teenoor die volgende borge vir hul ondersteuning: Atlas Engineering Solutions (baadjies), Superspar the Grove (geskenkpakke), Rooisand Desert Ranch (gelukspryse), Cymot (tegniese hulp), Coca Cola (waterpunt) en I Love Boobies (borskankerbewusmaking en gelukspryse)
“In 2022, as die Here wil, vier ons die tiende bestaansjaar van 3Passes,” sê Fourie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie