Fietswiele sing op Tsumeb
Na die suksesvolle 2013 Uris Bergfietswedren wat by Uris Lodge plaasgevind het, het die organiseerders besluit om ? volwaardige fietsryklub op Tsumeb te stig.
In Januarie vanjaar is die eerste vergadering gereël en begin om lede vir die klub te werf. Daar is besluit om hierdie jaar weer ? bergfietswedren aan te bied. 'n Roetebeplanning is gedoen en skoonmaakveldtogte is geloods. Menige naweek is daar op die fietse gespring om afstande te meet, roetes te beplan wat interessant sou wees vir ervare ryers, maar ook vir beginners wat net die rit saam met vriende en familie wil geniet.
Sommige lede het aan die roetes gewerk, ander het medaljes gemaak, fondse moes ingesamel en administrasie gedoen word. Na onderhandelinge is bevestig dat die Dundee Precious Metal Tsumeb MTB Challenge deel sou vorm van die Kia-reeks wat elke jaar die top-fietsryers van die land trek. Die klub kon dus daarop staatmaak dat bekende en suksesvolle fietsryers aan hul wedren sou kom deelneem.
Verskeie ondernemings van Tsumeb het die groot dag ondersteun wat by die Tsumeb Golfklub aangebied is. Met die toestemming van boere in die omgewing kon ? 15 km-, 40 km- en 70 km-roete aangebied word. Die smelter het goedgunstiglik toegelaat dat deel van die 70 km-rit deur sy perseel kon strek vir ekstra tegniese uitdagings. Een deel van die roete sou oor die Telecom-bult gaan en is summier die “Anaconda” gedoop, omdat dit die ryers swaar laat trap het.
Daar is ook vir stappers en drawwers geleenthede gebied, en kon mense wat nie wou fietsry nie, stap of draf. Sodoende kon die hele gesin die dag geniet met selfs die heel kleintjies wat saam kon fietsry. Die klub hoop om volgende jaar heelwat meer van die kleinspan daar te sien.
Heerlike eetgoed is deur die Gereformeerde Kerk Tsumeb voorberei en belangstellendes kon tot helikoptervlugte meemaak wat deur Expedite Aviation aangebied is. Waterpunte op die roetes is deur Cymot, FNB en Dundee beman.
Team Kia se jong nasionale fietsryer, Martin Freyer, het die 70 km gewen met Xavier Papo en Herbert Peters kort op sy hakke.
Heelwat jongmense van Tsumeb het goeie plekke in die 15 km- en 40 km-afstande behaal en die klub hoop om meer van Markus Jacobs, Izak Steenkamp en ander in die toekoms te sien.
Die organiseerders is het hul dank uitgespreek aan die hoofborg, Dundee Precious Metals Tsumeb, sowel as ander borge soos Kupferquelle Resort, Build It Tsumeb, Power Line Africa Pty Ltd, Northern Auto Body Repairs, Cymot Tsumeb, USN, Santam Otjiwarongo, Prosure en Rubicon Security Services. Hulle bedank ook Ockert Britz, Erika de Jager, Eckart Basson en Elbie Bester vir die gebruik van hulle plase vir die roetes, asook elke komitee- en klublid wat gehelp het om ? sukses van die geleentheid te maak.
? Paar veranderinge word vir volgende jaar aan die roete beplan en die datum is reeds vir 20 Junie 2015 vasgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie