Fiks en gesond met Mekenificent
Nuwe gesondheidsentrum open in die hoofstad
Augetto Graig – 'n Nuwe gesondheidsentrum het sy deure in Windhoek oopgemaak. Die sentrum is geleë in Bantingstraat in Windhoek-Wes.
Me. Meke Namindo, die eienaar van Mekenificent Wellness-sentrum, sê oefening en fiksheid het haar uitkyk op die lewe verander.
Namindo en haar span streef daarna om net die beste diens te lewer. Haar span bestaan uit 10 jong Namibiërs, wat gekies is vir hul unieke vaardighede en hul toewyding.
By die sentrum is 'n gimnasium waar groepklasse of individuele afrigting aangebied word.
Namindo sê oefening word binne en buite die sentrum aangemoedig en tot die straat word benut. “Dit is die pad na fiksheid. Bantingstraat is ons trapmeul en die inwoners van Windhoek-Wes moet saam kom oefen om fiks te word,” sê sy.
Die sentrum bied masseringsterapie, detoksprogramme, ontspanningsgeriewe, slaapplek en ontbyt, 'n restaurant, 'n kosafleweringsdiens en 'n mediese spa met 'n dermatoloog op die perseel.
Gesonde, voedsame etes en om tussen oefensessies gepamperlang te word en te ontspanning is ook deel van die ervaring.
Volgens dr. Teopolina Tileinge kom mans en vroue met velprobleme soos aknee, puisies, hiperpigmentasie, swartkoppies, witkoppies, olierige en gevlekte vel na haar toe.
“Ons verwyder ook vratte en moesies,” sê sy.
Dít het alles begin sedert die sentrum aan die einde van verlede jaar na die perseel in Windhoek-Wes getrek het.
“Ons het nie vakansie gehou nie. Ons het voltyds gewerk,” vertel Namindo.
Harde werk en lang ure is nie vir hierdie besigheidsvrou iets nuuts nie.
Sedert Namindo in 2009 met 'n klein T-hemp- ontwerpbesigheid begin het, was dit maar 'n kwessie van ekstra moeite doen.
Weens die tekort aan snaakse en eg Namibiese T-hempe het sy die geleentheid gebruik om haar eie ontwerpe te ontwikkel, sê sy.
Met klinkreëls soos: ‘Ek is die Namibiese droom,’ of, ‘Osha-Car-Tea’ en ook, ‘Namibië se toekomstige president,’ wat slegs aan meisies te koop was, kon Namindo ? ekstra inkomste skep.
Dit het egter nie lank gehou nie.
“Die lewe het gebeur terwyl ek myself probeer vind het. Ek het baie gewig opgetel met die geboorte van my kinders,” vertel sy.
'n Vriend het voorgestel sy doen fiksheidsopleiding by ? bekende gimnasium in die hoofstad en dit was nie lank nie toe is sy self ? afrigter by dié onderneming.
“As kind was ek 'n atleet en ek het weer begin oefen, maar ek het gefrustreerd geraak en was onseker oor my voorkoms. Nogtans het ek myself gevind deur ander mense in die gimnasium te begin help,” vertel Namindo.
“Dit was vir my opwindend maar terselfdertyd ook skrikwekkend. Ek was toe baie skamer, maar ek moes leer om die oefensessies te lei en vertroue in myself te hê. Ek het die gesigte van die mense in my sessies waardeer en het myself nog verder in die bedryf opgewerk,” vertel sy.
“Ek het toe besluit om my eie besigheid te begin en om die dinge te deel wat vir my beter gewerk het. Dinge wat te lank sou vat om vir ? groot internasionale besigheid voor te stel. Ek het ook gesonde ontbyte begin maak.”
“Tot 80% van gesondheid is as gevolg van jou dieet en net 20% het te doen met oefening,” volgens Namindo.
“Ek het begin eksperimenteer en etes voorberei deur foute te maak en weer te probeer. Ek het gedink aan 'n mobiele kombuis en het navorsing oor kosaflewering gedoen,” sê sy.
Sy het die geliefde Raith-kostrokkie in die hoofstad gesien en mnr. Raith vir raad genader.
“Alles was so duur! Ek het toe reeds ? voertuig gekoop maar dit was te klein. Die voertuig het vir eers by die huis gestaan.”
“Ek moes weer intensiewe navorsing doen en my besigheidsplan hersien. Ek het besluit om etes te maak en 'n drywer te huur om aflewerings te doen. My vriend het haar oom aanbeveel. Hy is ook 'n sjef en kon help om die kos te maak en af te lewer. Eers was dit maar een ete vir die dag, toe drie.
“Die aanvraag het gegroei en ek kon drie werknemers aanstel om die etes by my huis voor te berei,” sê sy. Weens arbeidsprobleme moes Namindo ongelukkig die besigheid toemaak.
“Terug na die besigheidsplan en ek vra myself; wat wil ek hê?”
“Ek het probeer maar ek het misluk. Jy probeer, jy misluk en jy wil moed opgee. Baie keer wou ek handdoek ingooi, maar iets binne my het my gedryf om nie op te gee nie. Ek het gevoel ek behoort meer te doen. As ek voel ek wil opgee, onthou ek die gevoel wat ek kry as ek 'n positiewe impak op iemand se lewe het. Ek is hier om ’n leemte in die samelewing te vul,” het Namindo gesê.
Intussen het sy voortgegaan om oefensessies, wat gefokus het op gewigsverlies, aan te bied. Namindo en haar studente het by die parlementstuine geoefen totdat dit vir opknappingswerk toegemaak het. Later het sy by Cosmo Kids in Eros plek gekry. “Lede kon toe begin registreer,” vertel sy.
“So het die droom weer begin groei. Ek het besef ek soek 'n holistiese benadering tot gesondheid,” sê Namindo.
“Ek het 'n 7 dag-detoks- eetprogram opgestel. Die reaksie was ongelooflik. Sosiale media is magtig en ek het selfs van die buiteland belangstelling ontvang. Mense kan jou help om te sien wat jy nie self sien nie. Ek het selfs iemand oor die telefoon gehelp om 10 kg te verloor. Dit is toe dat die gedagte vir 'n oefeningvideo ontstaan het,” sê sy.
“Daar was so veel drama en haakplekke. As dit nie die weer was nie, was dit die polisie,” vertel sy.
Uiteindelik het haar goeie vriendin se man, ’n professionele filmregisseur, ingegryp en op die ou einde is die video in ’n dag geskiet, sê sy.
Namindo het besluit om 'n leefstylboek, ‘31 Days To A Mekenificent Body’, met die video uit te bring. Die stel bevat die detoks- eetplan, die video, ’n oefengids en resepte, wat met die hulp van 'n Namibiese dieetkundige saamgestel is. Elke resep het ook ’n inkopielys van plaaslik beskikbare eetgoed.
Sedert dit op 17 Mei 2018 by die Grove Mall Spar in Windhoek vrygestel is, was voorraad al twee keer uitverkoop.
“Ons kyk na die langtermyn. Ons wil ’n besigheid hê waarop Namibiërs kan trots wees,” sê sy.
“Ek het nou uiteindelik die trokkie met 'n kombuis toegerus met ondersteuning van ’n vriend. Mense ondersteun my as ek hulle kan wys wat ek probeer doen. Ons het nou 10 voltydse werknemers en ek is trots dat ons elkeen ’n salaris kan betaal,” sê sy.
“My doel is om gelukkige werknemers te hê. As ek hulle sien glimlag weet ek ons is op die regte spoor en ek het die regte span. Ek sê altyd ons is in die besigheid van mense laat glimlag sonder om ons eie glimlag op te offer. My pa het gesê jy verander nie wie jy is om ander se slegte gedrag te akkommodeer nie. Vryheid is baie belangrike en elk van ons bestuur onsself. Ons maak grappe, maar hier is ons ernstig oor besigheid,” sê Namindo.
“Toe ek hierdie keer mense aangestel het, het ek assistente gekry wat reeds ander vaardighede het. Hulle maak dit maklik vir my. Nou dat ek voltyds op my besigheid kan fokus, voel ek ek het meer tyd,” sê sy.
Dié tyd deel sy graag met haar twee jong kinders, Oye (6) en Iyaloo (8). Hulle ken elke hoek en besonderheid van haar besigheid.
“Hulle is wonderlike klein mensies wat my die lewe laat sien deur hulle groei en verskillende persoonlikhede. Hulle raak so opgewonde vir die kleinste ding. Hulle leer my baie. Hulle is lief vir kos maak en ek betrek hulle by als wat ek doen. Hulle is ook lief vir oefen en swem,” sê sy.
As dié twee hul ma as kind ontmoet het, sou hulle haar miskien nie herken het nie. Namindo sê sy was baie teruggetrokke en het nooit van konflik gehou nie.
“Ek het eers selfvertroue op universiteit gekry. Ek was ’n nerd. Ek was liewer vir lees as om tussen mense te wees, maar as ek eers daar is, sal ek optree. Ek is ’n raakvatter,” sê sy.
“Ek hou eintlik nie van hardloop nie, maar ek is vinnig. As ek hardloop is dit vir my eie fiksheid. Ek oefen ook nie so veel soos mense dink nie. Ek doen ’n intensiewe oefensessie een keer ’n week. Ek teiken spesifieke spiere en oefen nooit langer as ’n uur nie. Tog geniet ek ’n volledige oefensessie waar mens behoorlik sweet,” sê Namindo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie