Fikse Unam maak opgang ná sege teen Hingste
Andrew Poolman - Die spoed van linkervleuel Unomasa Kavita en die aanvallende flair van buitesenter Lesley Klim was twee dorings in die vlees van FNB Wanderers, wat Saterdag op sy tuisveld met 12-24 deur die Universiteit van Namibië verslaan is.
Met drieë weerskante van rustyd (17-7) het FNB Unam seker gemaak dat die verdedigende kampioenspan die naweek in die tweede plek op die puntelys afsluit.
Wanderers, ná sy tweede verloorslag van die seisoen, se voorsprong aan die toppunt het tot ses punte gekrimp, terwyl Trustco United ná sy afnaweek een punt agter Unam is.
Wanderers-ondersteuners sal teleurgesteld wees in die swak verdediging van die agterspelers, wat veral misluk het om enige greep op Unam se vlugvoetige hardlopers soos Kavita, Klim en die latere plaasvervanger Milaan van Wyk te kry.
Klim en Kavita (2) was die driedrukkers vir die wenspan, wat ’n paar maal ongelukkig was om nie die vierde drie vir ’n bonuspunt op die telbord te plaas nie.
In ’n dramatiese oomblik voor rustyd het Klim hom onder meer van sy regstreekse opponent, Léan Stoop, losgeruk. Stoop het die Unam-man van agter ingehaal, maar met sy duikslag het hy homself katswink geloop. Skeidsregter Danie Koen het beslis dat Stoop nie sy arms gebruik het nie en het aan hom ’n geel kaart gewys terwyl die noodhulppersoneel nog besig was om hom by te bring.
Stoop het nie uit die koelkas teruggekeer nie en is deur Janneman Breedt vervang.
Unam se kaptein en agtsteman, Bradley Klazen, het agterna aan die media gesê dit was ’n uitdaging om Wanderers voorlangs die stryd aan te sê, maar die studente beskou hulself as een van die fiksste spanne en het geweet hulle kan sukses behaal deur die bal die werk te laat doen.
“Nadat ons drie uit ons eerste vyf wedstryde verloor het deur teen die einde uit te sak, het ons hard aan ons fiksheid gewerk. Ons het die talent en die selfvertroue om weer ’n sterk aanspraak op die trofee te maak.
“Ons het nou ses wedstryde op ’n streep gewen en sal dit volgende naweek teen Walvisbaai graag wil volhou. ’n Paar manne moet van beserings af terugkom en ons diepte lyk dus heel skaflik.”
Unam se heelagter Lorenzo Louis het met al drie doelskoppe en ’n strafdoel getref.
Wanderers se twee driedrukkers was slot Nico Esterhuyse (ná ’n lynstaan-rolmaal) en flank Stef Botha (aan die steelkant van ’n vyfmeterskrum). Vleuel Heico Prinsloo het met een doelskop geslaag.
ROOI BULLE ONKEERBAAR
Rehoboth Rugbyklub het op sy tuisveld met 78-7 oor die besoekende Dolphin van Swakopmund gerol.
Die Rooi Bulle, wat rustyd reeds met 40-0 voor was, het uiteindelik 12 drieë ingeryg. Agtsteman Charl Freygang (3) was die enigste speler wat meer as een drie gedruk het.
Die driedrukkers in die agterlyn was heelagter Nathan van Wyk, vleuels Paulus Hangula en Reduane Beukes, senter Chase Diergaardt, losskakel Nazume Swartz en skrumskakel Eathon Baron. Voorlangs het flank Yoshiro Klazen en haker Kevin Cloete die doellyn oorgesteek, terwyl die plaasvervanger Jerome Schoeman ook vyf punte op die telbord geplaas het.
Suksesvolle doelskoppe het van Reduane Beukes (6), Chase Diergaardt, Eathon Baron en plaasvervanger Harry Basson gekom.
• Reho Falcon het ’n suksesvolle reis na Walvisbaai Rugbyklub onderneem deur vier ligapunte met ’n oorwinning van 19-12 by te voeg.
Vir die wenspan het Greg Stein, Collin de Koe en Howard Titus die drieë gedruk, waarvan De Koe twee keer oorgeskop het.
SUBURBS KLOP KUDUS
FNB Western Suburbs het op Suburbspark in Khomasdal 55 minute nodig gehad voor hy behoorlik die oorhand teen Kudus van Walvisbaai kon kry om uiteindelik vyf drieë te druk en met 34-15 te wen, skryf Tielman van Lill.
Kudus het ’n gedugte agttal wat hul man gestaan het en selfs die bal op ’n vrotterige ingooi van die gasheerspan kon steel. In die skrums het Kudus herhaaldelik die Suburbs-skrum in trurat gehad en verskeie vaskoppe gehaak.
Indien Kudus se skoppers meer selfvertroue gehad en meer dikwels na die pale gekorrel het, kon die telling dalk anders gelyk het.
Andries Rousseau, rooikop stut van Kudus, het die oog gevang het en was ’n derduiwel in die skrums en in die losspel. Sesflank Immo Dresselhaus is ’n sterk baldraer en het ná ’n sterk lopie so byna self afgerond.
Die slot Grant Nash was ’n staatmaker in die lynstane en sy bydrae vir sy span was meer as net sy twee drieë se tien punte werd.
Vir Nash se eerste drie net voor rustyd het hy ver gehardloop om in die regterkantse hoekie oor te val.
Ongelukkig het die besoekers se verdediging gelol en minstens twee keer is pasella punte weggegee. Net ná Nash se tweede drie het Suburbs vanaf die afskop netjies opgevolg om in die linkerkantse hoek terug te slaan.
In die tweede helfte was Suburbs se aanvalle eenvoudig skerper.
“Die wedstryd was hard, maar in ’n goeie gees gespeel. Ons kon in die lynstane en skrums saampraat, maar agterlangs was ons ’n bietjie skraps. Suburbs se spel was te vinnig en ons het gesukkel om by hul snellers uit te kom. Ons verdediging was swak,” het Graham Swartz, spanbestuurder van Kudus, aanRepublikein gesê.
Suburbs: Drieë: Regtervleuel Tjindo Japhet (2), stut Innus Louw, plaasvervanger Derry Vries, senter Justin Nel. Ricardo Swartz slaag met drie doel- en een strafskop.
Kudus: Drieë deur slot Grant Nash (2). Heelagter Aurelio Plato een doel- en een strafskop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie