Filippynse leier noem Obama ‘son of a b***h’
VSA-president stel ontmoeting met Duterte af
Volgens ’n Withuis-woordvoerder het pres. Rodrigo Duterte van die Filippyne, Obama Maandag as ’n “son of a b***h” aan verslaggewers beskryf.
Dit kom ’n dag voor die beplande ontmoeting tussen Obama en Duterte in Laos, waar leiers van Suidoos-Asië vir jaarlikse spitsberade byeenkom.
Obama het van die belediging gehoor nadat hy die G20-spitsberaad in Hangzhou, China, bygewoon het.
Obama het op ’n mediakonferensie gesê hy het van sy personeellede gevra om by Filippynse amptenare vas te stel of “ons konstruktiewe en produktiewe gesprekke sal kan voer”.
“Ek wil altyd seker maak dat ’n vergadering produktief is en dat ons iets uitgerig kry,” het Obama aan verslaggewers gesê. Volgens amptenare was dit ’n aanduiding dat die ontmoeting nie sou plaasvind nie.
Obama beplan om eerder die Suid-Koreaanse president, Park Geun-hye, te ontmoet, het Ned Price, ’n Withuis-woordvoerder, gesê.
Volgens die Withuis was Obama nie van plan om tydens sy vergadering met Duterte doekies om te draai oor menseregtevergrype in die Filippyne nie.
Duterte is in Mei as president aangewys. Hy het toe belowe om misdaadprobleme te takel en van dwelms en dwelmhandelaars ontslae te raak.
’n Golf buitegeregtelike moorde het gevolg. Na wat berig word, het sowat 2 400 mense gesterf sedert hy op 1 Julie sy amp aanvaar het. Sowat 900 van hulle het tydens polisieoptrede gesterf.
Duterte het gesê Obama sal ongeskik wees om met hom oor menseregte te praat. Volgens hom sou so ’n gesprek hom aanpor om Obama te vloek, en toe gebruik hy ’n Filippynse frase wat die gewraakte uitdrukking bevat.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie