Filistyne slaan 'n slag teen Kudus
United en Rehoboth was die naweek aan die wenkant en het ligapunte bygevoeg.
Andrew Poolman - Afrigter Robbie Dickson, wie se Trustco United rugbyspan sy posisie as voorloper in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga verstewig het, het rede gehad om tevrede te voel nadat sy span Saterdag die wenpunte teen Kudus op Walvisbaai behaal het.
Die oorwinning met 29-19 was die eerste maal sedert 2014 dat die Filistyne 'n wedstryd in die Huis van Pyn in Narraville gewen het.
“Ek dink nie dit was die mees aanskoulike eerste 40 minute nie. My spelers het maar gesukkel om uit die blokke te kom. Ons was lui op die verdediging en het swak besluite geneem.
“Ons het in die eerste helfte ook elf punte misgeskop, maar ná rustyd het ons veel beter gespeel. Ons voorspelers het vir Kudus oordonder, wat meegebring het dat die gapings in Kudus se verdediging begin oopgaan het.
“Oor die algemeen is ek tevrede met die oorwinning. Met 'n klomp beserings asook spelers wat uit is om die Namibiese toerspan in Uruguay, of die Windhoek Draught Welwitschias te verteenwoordig, moes die spelers wat ingestaan het baie karakter wys.”
Gerhard Opperman, die nasionale o.20-stut, moes haker speel tussen Chris Swanepoel en Tommy Jarmann in die voorry.
Vir United het losskakel Hanreco van Zyl, vleuel Felix Humphries (2) en senter Michael Hummel die vier drieë vir 'n bonuspunt afgerond.
United se slot en kaptein Winmar Rust het 'n seldsame geel kaart op die lyf geloop, maar het drie doelskoppe en 'n strafdoel deur die pale gejaag. Ná herhaalde oortredings deur die besoekers het skeidsregter Oscar Lambert vir Rust in 'n hoogvat betrap en het hom vir tien minute koelkas toe gestuur.
United se vyf ligapunte plaas hom op 27 ná ses wedstryde. Sy naaste teenstanders FNB Wanderers en FNB Unam, wie se bestemde ontmoeting tot volgende maand uitgestel is, bly vassteek op 21 en 19 ná vyf wedstryde elk.
• Kudus se tweede span het sy NRU reserweligawedstryd teen United II met 25-20 beklink.
REHOBOTH WEN DERBY
Rehoboth-rugbyklub het met 39-19 die pyp gerook in sy derby teen Reho Falcon.
Deur die drieëstryd met sewe teen drie te wen, het Rehoboth ses ligapunte bygevoeg wat hom verby FNB Western Suburbs (16 punte) tot in die vierde posisie (18) laat bokspring.
Rehoboth se driedrukkers was flank Titus Mathias (2), agtsteman Johann Wohler, vleuel Romeo Visagie (2) en Julian Afrikaner asook heelagter Xauvier van Wyk. Van Wyk en losskakel Ascher Coetzee het elkeen met een doelskop geslaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie